Tabula Rasa?

Tabula Rasa?

In verlede Saterdag se BY reageer Dr Christiaan Bezuidenhout op die swaard-moord. Dr Bezuidenhout is ‘n kriminoloog verbonde aan Tukkies.

Hy maak ‘n aantal gemeenplasige opmerkings wat geldig kan wees of nie, daar is geen stawende verwysings na gesaghebbende studies nie. Ek lewer nie kommentaar op die geldigheid van die opmerkings nie.

Hier is ‘n voorbeeld;

“Die meerderheid van die jeugdiges in Suid-Afrika kom egter uit die middel- tot laer klas, wat nie hiedie vertoonware kan bekostig nie. Hulle is gefrustreerd omdat hulle ook smag na die toebehore, klere en ontwerper-donkerbrille, maar dit nie kan hê nie. Die maklikste manier om dit wel te bekom, is om te innoveer. Dit beteken baie jeugdiges sal steel of by bendes betrokke raak om dieselfde materialistiese elemente te bekom.”

Sy hele betoog klink soos na folk lore-agtige algemene wyshede.

Maar die clincher kom aand die end:

“‘n Kind kom tabula rasa (geen inligting in die brein nie) in die wêreld. Wat in die brein ingeprent word, hang van die aard van die kind se sosialisering af.”

Ek vind dit verstommend dat, ondanks moderne navorsing, daar nog steeds beweer kan word dat ‘n mens tabula rasa die wêreld binnekom.

As ‘n beginpunt kan ek aanbeveel dat hy Steven Pinker se “How the mind works” lees, en die talle verwysings van veral hoofstuk 5 opvolg.

Enige beleid wat uit sulke foutiewe fondamente spruit kan hoogs gevaarlik wees …

 Foto:
http://www.code-flow.net/fake/img/tabula_rasa.jpg

4 Comments

Filed under Uncategorized

4 responses to “Tabula Rasa?

  1. francoiswilliams

    Karma is konsekwent…

  2. Joannevdm

    Hi, ek hou van jou Blog inhoud en vind hierdie artikel baie interesant. En ja, ek stem met jou. Wat my intereseer van jou voorbeeld is “die meerderheid jeudiges …” Ek stem saam as hy almal oor dieselfde kam skeer, jeugdiges is jeudiges, hulle soek almal dieselfde ding, maar dis karakter wat tel aan die einde van die dag en as dit sleg is, is dit sleg. Dit sou nog interesanter gewees om daar te gewees het om te verstaan presies wat hy verder te se gehad het. As for the Clincher, nee wat, wys jou net, ‘n drs graad is nie ‘n waarborg vir intelligensie nie. LOL Geniet jou naweek! Sal weer inloer!

  3. Ou-Top

    Het ook die artikel gelees van Bezuidenhout en ek sal maar sê wat jy te beskeie en ordentlik is om va die man te sê: dis die grootste klomp bullshit en ongestaafde afleidings wat ek nog gelees het.

  4. Izakdv

    Interessant, Pinker is nogal slim, ja. En ek is mal oor die foto!izak

Leave a reply to francoiswilliams Cancel reply