Monthly Archives: September 2008

Last post

Voorlopig my laaste blog inskrywing …

vervreemding

mense val my áf
soos bas van ‘n bloekom

my jaarringe sluit
al meer en meer uit

en eendag as ek brand tot as
weet niemand hoe alleen ek was 

                        Joop Dullaart

Advertisements

11 Comments

Filed under Uncategorized

oerknal

oerknal

in die oerknal word
na baie kort
die ganse heelal
uitgestort

ons kennis
van die kosmos
van kwark tot kwasar
skyn kompleet

feite en teorieë wemel
soos snags sterre
aan die hemel

deur soveel weet
is ons verblind
die donker word vergeet

Foto:
http://www.news.wisc.edu/newsphotos/milkyway.html

2 Comments

Filed under Uncategorized

Stiltes

 

Stiltes

Ek hoor duisendpoottreine
klik-klak oor onsigbare wissels;
vlinders gevang in silwer seine
gespan tussen sadende dissels.

Die kind hoor weer hoe treine stoom;
vliegtuigskroewe die lug deurboor;
stemme redekawel oor water in die voor.
Die terugkeer is ‘n nog ongedroomde droom.

Dan, oorkant die vallei:
‘n Haan wat kraai,
dit dwing my terug,

en met die tussenspel verby
is die stilte verraai
en die herinnering nog net ‘n sug.
                           Joop Dullaart

Foto:
http://buytaert.net/album/miscellaneous-2005/dandelion

1 Comment

Filed under Uncategorized

vuurpyl


vuurklip

In die harde koudheid
van ‘n ou vergange voortyd
moes ons uit chert
die vlyme vorm
vir jag met spies en pyl.

En met die kap van klip
het daar ‘n vuur gespat:
‘n vlam
wat deur swaartekrag
se bande brand
om so ‘n pyl van vuur
op ver planete
te laat land

                         Joop Dullaart

Foto:
http://www.freeinfosociety.com/site.php?postnum=234

4 Comments

Filed under Uncategorized

Eros

Een dag van morgen

Wanneer ik morgen doodga,
vertel dan aan de bomen
hoeveel ik van je hield.
Vertel het aan de wind,
die in de bomen klimt
of uit de takken valt,
hoeveel ik van je hield.
Vertel het aan een kind,
dat jong genoeg is het te begrijpen.
Vertel het aan een dier,
misschien allen door het aan te kijken.
Vertel het aan de huizen van steen,
vertel het aan de stad
hoe lief ik je had.

Maar zeg het aan geen mens.
Ze zouden je niet geloven
dat alleen maar een man alleen maar een vrouw
dat een mens een mens zo liefhad
als ik jouw.

               Hans Andreus

Reliëf:
http://www.marblebydesign.co.uk/images/eros_dionysus_600._133_lg.jpg

1 Comment

Filed under Uncategorized

Chimera

chimera

in my brein
het ek ‘n model

‘n multidimensionele
van my hede
my verlede
en my eventuele hel

                     Joop Dullaart
                     maandagaand 10 januarie 1994

Gravure:
http://altreligion.about.com/library/graphics/inferno34.jpg

1 Comment

Filed under Uncategorized

Grilwaarde

Om twee slogans te mangle:

1) Uit Die Burger altyd iets nuuts

2) Lees Die Burger en gril saam

Op die onlangse boekeblad word ons genooi om op die Boekeblog kommentaar te lewer op resensies. Die woorkeuse laat my diep beswaard – soos Genis sou sê. Diep beswaard.

Daar word geskryf ‘n resensie van Dame Joan is “bekommentarieer“. Maak nou nie saak wie gekommentarieer het nie maar die ding het my diep gebekommerdeerd gelaat.

1 Comment

Filed under Uncategorized

Klippie in my skoen

‘n Ding wat my irriteer is mense wat nie op geldige navrae reageer nie.

Ek kry bv geen respons van óf Litnet óf die Mont du Toit Wynkelder oor die Wynkwatryn-projek nie.

Destyds was daar ‘n koerant-aankondiging van die projek – jors troelie spring to dadelik aan die werk en lewer die volgende:

cabernet se donker bloed
kan soms die skugter muse voed
sodat daar dalk ‘n vers verskyn
van lief en leed en bittersoet

Toe ek dit wou voorlê moes ek sien dat net 20 “gevestigde” digters/skrywers genooi is – én dat die kwatryn die woorde wyn of druif of wingerd moet bevat.

Ewentwel, my poging word toe darem apart geplaas en in my nie so beskeie opinie was dit verreweg nie die swakste inskrywing nie!

Ek sou graag wou weet hoe die projek toe verder verloop het. Maar nóg Litnet, nóg Mont du Toit reageer op navrae.

&%&^%%#$@@#

Skilder:
   Jan Steen

4 Comments

Filed under Uncategorized

Nog ‘n klad!

 In vandag (1 September 2008) se Die Burger is daar ‘n resensie deur Pieter Kapp van Peter Shumacher se boek: Voor het vaderland weg.

Die resensie verskyn onder die opskrif:
Minder bekende klad op Nederland én SA se naam.

Die boek handel oor Nederlandse burgers buite Nederland wat onregmatig deur die Nederlandse regering in balling opgeroep is om militêre diensplig te verrig.

Amerika en Kanada het hulle immigrante beskerm tewyl die Smuts-regering die Nederlandse regering ondersteun het.

Dié wat diensplig geweier het, en wat vasgetrek is, is onder haglike omstandighede na tronke in Suriname en Curaçao verban.

My pa was een van die wat vier jaar van sy lewe vir die Konigin moes opoffer en as dank het die Nederlandse regering ons Nederlandse nasionaliteit en burgerregte eensydig opgeskort – sonder enige kennis en geen moontlikheid van appél nie.

Die volledige resensie is hier:
http://www.dieburger.com/Stories/Entertainment/Books/18.0.829688653.aspx

2 Comments

Filed under Uncategorized