Monthly Archives: March 2009

Weer Klimaatverandering

Weer Klimaatverandering

Dit wil voorkom of daar ten minste drie maniere is waarop beskikbare kennis en onkunde mense se reaksie tot talle vraagstukke beïnvloed:

  1. Gebrek aan inligting – m.a.w. die afwesigheid van inligting, feite en/of waarneming.

    Onder hierdie kondisie vind ons groot groeperings wat teenstrydige standpunte handhaaf – die verskille kan óf baie klein, óf baie groot wees, met alle skakerings tussen in. Die groeperings word sterk deur kulturele en/of tradisionele gebruike gelei, gewoonlik met ‘n kader van ingewydes om die standpunte te beskerm en te interpreteer. Die natuurlike voorbeeld hiervoor is die wêreld se religië. Daar is gewoon geen manier waarop een religië bo ‘n ander verkies kan word nie – behalwe dalk met beginsels van menseregte wat buite religië kan staan.

  2. Die bestaan van ‘n magdom inligting, feite en kennis gebaseer op navorsing.

    Onder hierdie omstandighede vind ons groot groeperings wat naasteby dieselfde standpunte handhaaf, tesame met kleiner groepe wat
    a) die bestaande kennis verwerp,
    b) wat onkundig is ten opsigte van sodanige kennis en
    c) wat ‘n totaal ander interpretasie vir die bestaande inligting voorstaan.

    Voorbeelde hier is o.a. HIV en VIGS, Itelligente Ontwerp, Kreasionisme, Kosmologie en Evolusie. So vind ons in bv. Kosmologie die konsep van doe Oerknal waarin ruimte en tyd ontstaan het. Hierdie interpretasie word deur die meeste kosmoloë onderskryf. Daarteenoor is daardie konsep van ‘n polsende heelal – ‘n minderheids posisie wat (nog) nie as vals bewys kan word nie.

  3. Die bestaan van ‘n groot versameling inligting wat ondanks van die omvang steeds grootliks onvolledig is.

    Hier vind ons groeperings van alle groottes met teenstrydige interpretasies vir dieselfde stel waarnemings. Soos met religië is daar ‘n hele spektrum van oorvleueling onder die verskillende interpretasies. ‘n Voorbeeld hiervan is natuurlik klimaatverandering, die faktore wat dit veroorsaak en spesifiek die mens se bydrae daartoe. Klimaatverandering as sulks is ‘n gegewe, die dispuut gaan daaroor wat die oorsake is en of ons iets daaraan kan doen. My persoonlike mening is dat ons feitlik geen beheer daaroor het nie en dat ons uiters min daartoe bydra. Die verskil hier met religië is dat, soos wat kennis verbreed, ons mettertyd wel tussen die verskillende interpretasies sal kan onderskei.

    Om dus op hierdie tydstip groot aanpassings te doen, aanpassings wat groot beleggings sal vereis, wat ‘n onbekende uitwerking sal hê, ons duur te staan sal kom. Hierdie beleggings kan tans veel beter aangewend word vir ontwikkeling en armoedeverligting.

1 Comment

Filed under Uncategorized

Inflasie boewery

Die petrolprys het onlangs nogal geval – sien grafiek hiernaas. Dit is die petrolprys sedert middel 2005.

Daar is aan ons vertel dat kospryse omhoog geskiet het weens die petrolprys.

Het kospryse saam met die petrolprys gedaal?

Pas hoor ons dat die petrolprys vandeesweek weer gaan styg, en ‘n “ekonoom” sê op TV dat dit kospryse sal opjaag.

Hoe werk dit?

1 Comment

Filed under Uncategorized

Bietjie Pret!

       Tony Tijger

       Tony Tijger had zo’n tandpijn,
       tranen rolden langs zijn toet.
       Tonia, zijn tweelingzus, zei:
       ‘Tony, weet je wat jíj doet?
       Nu meteen naar tandarts Tekkel,
       anders is het straks te laat,
       want dan klettert je gebitje
       tand voor tand totaal op straat!’
       Toen zat Tony niet veel later
       trillend in de tandartsstoel.
       ‘Tjonge,’ zuchtte tandarts Tekkel.
       ‘Tja, dat geeft een rotgevoel.
       Maar jij snoepte te veel toffees,
       dus voor straf krijg jij geen spuit.’
       En hij trok plots, met twee poten
       om de tang, de tand eruit…!
       ‘Auwauw!’ jankte Tony Tijger,
       ‘treiterende tandentrekker!
       Maar ik heb zat tanden over
       en een tekkel smaakt best lekker.’

       En toen heeft Tony, moet je weten,
       met trek de tandarts opgevreten.

       Mensje van Keulen (1946)
       uit. Van aap tot zet (1990)

2 Comments

Filed under Uncategorized

Regering se Alzheimers

Die politici dink (as hulle die slag so iets doen) dat ons ook aan Alzzies ly.

Die verskoning met die Dalai Lama-storie is nou glo (aldus Nkozasana Dlamini-Zuma) dat sport en politiek apart gehou moet word.

Maar sy ignoreer geriefshalwe dat in die dae van sportboikotte dit in orde was.

2 Comments

Filed under Uncategorized

Die Lama

So, die gevaarlike en opruiende Dalai Lama gaan die aandag van die 2010 sokker aflei.

Gelukkig kyk die Prez nie krieket nie – ander word die komende krieket toernooi óók verbied.

Dalk moet ons maar alle events insluitende die Zuma-sirkus en die verkiesing laat uitstel?

Leave a comment

Filed under Uncategorized

mooiweer

mooiweer

dit was vandag mooiweer
op noordhoekstrand
ek sou graag my voete
diep laat wegsak
in die warm sand

maar dié plesier
word my ontneem
deur nóg ‘n onbeheerde brak
gebring deur baas of nooi
om die skoon wit strand
onverskillig te bekak

vuurklip

1 Comment

Filed under Uncategorized

Fees!

Stellenbosch Universiteit se Kweekskool vier sy 150 jarige bestaan! Is dit nie ‘n wonderlike, wonderlike prestasie nie?

Maar, op (byna) alle ander akademiese gebiede was daar enorme vooruitgang, dink maar aan fisika, biologie, sielkunde, medies, ens., ens.

Wat het die kweekskool vermag?

Dis ironies dat Darwin se Origin of Species óók 150 jaar gelede die lig gesien het. Tot vandag leef die meeste teoloë in ‘n evolusionêre duisternis – in ‘n biologiese sin sowel as in die verwerwing van nuwe kennis.

3 Comments

Filed under Uncategorized

1947

inskripsie:
mammie’s liefste ding
in pappie’s grote schoenen

wat het daardie kind
geweet van lewe, liefde, soene
hartseer en berou
of hoe sy wêreld se gebeure
hulle later sou ontvou?

wat kan dié ou man
vandag onthou
van daardie kinderlike innerlike
wat so onbevange
sy mammie en die kamera
aanskou?

2 Comments

Filed under Uncategorized

Verlig?

Twee terme wat genadiglik uit ons politiek verwyn het, is Verlig en Verkramp – gelukkig saam met die politici wat daardeur beskryf word – hoewel Pik se pseudo filosofiese, pseudo wetenskaplike, pseudo humoristiese stukkies steeds in Die Burger se By verskyn – dalk was hy bloot ‘n pseudo verligte?

Hoe sal ons die nuwe geslag politici etiketteer?

1 Comment

Filed under Uncategorized

Dr*l in die drinkwater

Die foto hiernaas kom uit ons plaaslike koerantjie, die False Bay Echo.

In die onderskrif by die foto, word vertel van die kind se passie vir die omgewing en dat ‘n beweging begin word vir kinders om deel te neem aand die World Cleanup Day.

Nou, wat ek weet van die strand by Noordhoek, is dat die voetpad van die parkeerterrein tot by die strand en verder besaai lê met honde ekskrement – dis só dig besaai dat jy dit onmoontlik kan mistrap (on second thoughts, dis presies wat jy doen: mistrap!).

Enniewhey, gegewe die toestand by Noordhoek, waarvan dink julle maak die kind daardie bolletjies?

Die eeste een wat reg raai, kry ‘n virtuele bottel rooiwyn as geskenk.

Leave a comment

Filed under Uncategorized