Vat hom Dawie!

Alweer uit die dierbare Die Burger!

Verlede Saterdag, 7 Maart laat Dawie homself uit oor klimaatverandering – en dan begin hy met die mite van die Noble Savage as hy sê:

Dis vandag allerweë bekend dat bevolkings soos die Khoisan, Australië se Aborigines, die Indiane van Noord Amerika in volslae harmonie met hulle omgewing gelewe het.

Nou kyk, as iemand begin met stellings soos allerweë bekend of algemeen bekend moet jy dadelik jou bullshit detector aanskakel want hier maak iemand ‘n stelling wat hy óf nie kan staaf nie, óf te lui was om bewyse aan te voer.

Ons kan dalk nog ‘n agtiende-eeuse leunstoel filosoof (Jean-Jacques Rousseau) verskoon met sulke opvattings wat spruit uit die Noble Savage ideaal, maar ons is vandag darem al verder as dit.

Daardie soort luiheid het geen plek in ‘n koerantrubriek nie.

Daar is net te veel goed wat “algemeen bekend” is, wat óf volslae bog is soos die stelling hierbo, óf kontroversieel en onbewese. Dink maar aan maagdelike geboortes, die skepping binne ses dae ses duisend jaar gelede, homeopatie, astrologie, die hiernamaals, ens., ens.

Wat dalk minder “algemeen bekend” is, is dat, tesame met die verskyning van die mens in die Amerikas, Australië en New Zealand, daar talle van die groter (en dalk kleiner) spesies uitgesterf het. Dit is wel kontroversieel of die mens daarvoor verantwoordelik was, en of hulle net ‘n bydraende faktor was.

Dis gewoon onsinnig om te dink dat die mens ooit in harmonie met die natuur gelewe het. Dis net dat ons voorouers in te klein getalle voorgekom het en hulle tegnologie te primitief was, dat hulle impak op die omgewing so gering was, dat dit na “harmonie” gelyk het.

Die oënskynlike “harmonie” in die natuur word nie deur goedertierenheid gehandhaaf nie. As roofdiere te vinnig aanteel, vreet hulle te veel prooi, en vrek hulle van die honger. Die “harmonie” is ‘n harde, koue, gevoellose, (‘n beter woord is indifferent) en genadelose werklikheid wat sonder enige sweem van sentiment die balans handhaaf.

Nou het ek nog niks gesê oor die mistasting van die koolstofvoetspoor en wat dit ons gaan kos sonder dat dit hoegenaamd iets aan die klimaat gaan verander nie. Maar dis ‘n ander storie …

Grafika:
http://en.wikipedia.org/wiki/Noble_savage

Advertisements

1 Comment

Filed under Uncategorized

One response to “Vat hom Dawie!

  1. Neander

    Ons leef nie meer in ‘n bestaansopset nie, die edel barbaar het nog nie eers landbou begin ontwikkel nie, so dis logies dat hulle geen besoedeling sou veroorsaak nie. 3 miljard ontwikkelde mense kan mos nie so leef nie. Ongelukkig is dit so dat tegnologie besoedeling tot gevolg sal hê, dit moet net reg bestuur word.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s