Gister

Gister

Daar is ‘n verre land,
‘n Land van lief en leed,
Waarvan ons veels te veel onthou,
En bitter min vergeet.

Daar is ‘n verre land,
In ruimte en in tyd,
En soveel wat ons daarin doen,
Lei net tot selfverwyt.

Daar is ‘n verre land,
‘n Land van spieël en glas,
Die stempels in ons paspoort wys,
Dat ons eens burgers was.

Na daardie verre land,
Bestaan geen roete meer,
Paspoort en visum het verval,
En daar is geen terugkeer.

vuurklip
Advertisements

5 Comments

Filed under Uncategorized

5 responses to “Gister

  1. Rebekah-Ann

    Dis pragtig!!Ek dink ek is ook vasgevang in daardie land. Wonder of my hart my ‘n visum sal gee vir ‘n tweede kaans?…

  2. eiewys-gekkigheid

    Hartseer…

  3. abrham

    gelukkig is die ‘binneland’ onvervreembaar

  4. vuurklip

    abrham:Nee, die “binneland” verdwyn ook! Daar is soveel wat ons wel vergeet en die vlietende jare help ook nie! En so, stuk, stuk, verloor jy jou lewe en jou verlede …

  5. groeniedrakie

    dit bring n knop in my keel. Hoop jy onthou mooi goeters

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s