Matematikus


Matematikus

Die prosaïese, eendimensionele

reguit lyn is net van belang vir ‘n

uitgelese groepie  matematici of

dalk  ‘n  eensame  reisiger  van

punt A na punt B.

Maar die kurwes,

die halfrond,

die volle sirkel,

die parabool,

die hiperbool …

Elkeen vind volmaakte

vorm in jou lyf

as ek met oë
toe,
en honger hande,

die wiskunde bedryf.

                      vuurklip

Skildery: Picasso

Advertisements

20 Comments

Filed under Uncategorized

20 responses to “Matematikus

  1. vuurklip

    jou KWAAKmaak SAAK!danki

  2. Sanseveria

    Vandag het jy die klip gebeitel dat die vonke spat. Wow.

  3. eiewys-gekkigheid

    Pragtig Vuurklip, tien uit tien vir jou!

  4. perskepit

    Ek hou daarvan. Uitstekend!

  5. boerseun1

    Stem saam, daar moet darem iets wees om aan te vat. Kurwes is goed maar te groot met golfies is ook nie reg nie. Groete

  6. pasella

    Die kurwes, die kurwes! Baie netjies saamgevat!

  7. Poppiekreer

    Pragtig! Ek kom nou eers op jou blog af danksy jou kommentaar op myne. Ek dink jy het ‘n baie nice blog hoor!

  8. neirac

    I like! Miskien omdat ek al so baie die logiese, wiskundige, engineer tipe gedate het. Wat hulle nie vir jou in woorde kan sê nie, doen hulle met die hande, die lyf, die………..Maar dis regtig mooi!

  9. Lulu09

    LOL. I like it

  10. vuurklip

    Dankie, Carien – lettersmash het gemaak dat ek nou eers jou kommentaar sien!

  11. vuurklip

    Dankie, Pops – lettersmash het gemaak dat ek nou eers jou kommentaar sien!

  12. vuurklip

    Dankie, LM – lettersmash het gemaak dat ek nou eers jou kommentaar sien!

  13. vuurklip

    Netso! Lettersmash het gemaak dat ek nou eers jou kommentaar sien!

  14. vuurklip

    Dankie, Pitjie – lettersmash het gemaak dat ek nou eers jou kommentaar sien!

  15. vuurklip

    Dankie, 2ling – lettersmash het gemaak dat ek nou eers jou kommentaar sien!

  16. eiewys-gekkigheid

    Toemaar ek het kommentare gehad wat ver terug dateer!

  17. palamino

    Stunning, Vuurklip. En dan se mense kuns en wetenskap het niks in gemeen nie… 🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s