Sederbergstorie


Jarre (soos in baie!) gelede, voor kind of kraai of vrou: dit was Kersfees en ek besluit om op my eie die Serderberg te verken. Daardie dae was die berg nog onder Bosbou se beheer en daar was nie juis objeksie teen alleenstap nie.

Ek het my dagroetes só beplan dat ek elke dag se doelwit teen middagete kon bereik – as daar vroeg genoeg opgestaan word – wat in Desember se warm weer nie moelik is nie.

Van Algerië was die plan Middelberg, Sleeppad, Klein Hartseer, Groot Hartseer, Boontjieskraal, Groot Koupoort en dan met ‘n lang draai weer tot by Algerië.

Waarvan ek wil vertel, het by Boontjies gebeur. Boontjieskraal is ‘n gelyk vlakte tussen tipiese Serberg skurweklip rantjies. Van Groot Hartseer se kant af, stap jy deur ‘n klofie wat skielik voor jou wegval, en daar lê Boontjieskraal met die hut so omtrent in die middel. Aan die ver kant van die vlakte, loop die voetpaadjie teen ‘n steil nek uit – die Koupoort.

Die Desembermaand was baie nat – die vlakte was soos ‘n spons en dit was moelik om dit droogvoets oor te steek – en toe ek die klofie deur is en die vlakte voor my oopgaan, kon ek die hut eers nie sien nie – voor my staan ‘n plaat pienk Watsonias, skouerhoog – die hele vlakte vol – ‘n vlammesee wat aanhou brand!

Op ‘n droë kol langs die stroompie wat deur die vlakte loop, het ek die aand my slaapsak uitgeskud en lê gekry vir die nag – môre is die son vroeg warm en dan wil ek al Koupoort se steiltes uit wees.

In die vroeë oggendure begin ek toe mos te droom – ‘n ou man stap tussen my en die stroompie verby – gevolg deur ‘n groot wolfhond. Die hond kom op my af en vat my pols tussen sy kwylende kake vas – hy byt nie hard nie – dis eerder ‘n speelse vasbyt. Ek wikkel my arm los en trek dit in die slaapsak in – maar die hond gryp my arm weer vas – deur die slaapsak en speel daarmee soos met ‘n stok.

Met dié word ek wakker. Bo teen die kranse hoor ek die bobbejane opgewonde blaf en tekere gaan – al is dit nog stikdonker.

Later, na koffie en ontbyt en die lug nog die kleur van die Watsonias, is ek al halfpad die Koupoort uit – en daar, in die fyn sand van die voetpaadjie, lê hulle. Vars en duidelik ingetrap – soos die spore van ‘n groot hond.

Maar in die Sederberg is daar mos nie honde nie?

Foto:
http://www.plantzafrica.com/plantwxyz/plimagesxyz/widced01.jpg

Advertisements

6 Comments

Filed under Uncategorized

6 responses to “Sederbergstorie

  1. eiewys-gekkigheid

    Pragtig Vuurklip! Lekker gelag vir jou daar by DSP!

  2. neirac

    hmmmm… Saggies poep

  3. loudavisi

    Jy’t guts gehad.Die wereld wemel van die luiperds of tiere of iets.Bly jy’t oorleef.

  4. skaawagter

    ….eensame wandelaar…

  5. Wat ‘n wonderlike storie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s