Monthly Archives: July 2009

Tuinbou op TV

Wie van julle TV slawe kyk na die tuinbou program op TV en waarom word dit so laat in die aand uitgesaai?

Die program is

Lawn Order

2 Comments

Filed under Uncategorized

Oor Voorspellings en Klimaatverandering

Oor Voorspellings en Klimaatverandering

Voorspellings oor die gedrag van komplekse stelsels is baie moeilik en in die meeste gevalle onmoontlik.

Een van die belangrikste redes hievoor, is dat kennis van die veranderlikes van so ‘n stelsel nooit met die nodige presiesheid en/of volledigheid beskikbaar is nie. Om hierdie gebreke te oorkom, word die model waarvolgens voorspelling gemaak word, óf vereenvoudig, óf sekere aannames t.o.v die verandelikes word gemaak, óf albei.

Die resultaat is ‘n model wat glad nie met die werklike stelsel ooreenstem nie, of ten beste slegs by benadering daarmee ooreenstem.

Hoe verder in die toekoms die voorpellings gewaag word, hoe groter is die afwyking van die werklike stelsel.

Om ‘n model te kan bou wat presiese voorspellings kan maak, moet die model presies net so kompleks soos die werklike stelsel  wees! Dit moet elke veranderlike bevat, en die waarde van elke veranderlike moet presies bekend wees. ‘n Onmoontlike opdrag.

‘n Voorbeeld van so ‘n komplekse stelsel is ons sonnestelsel. Hoewel die Sonnestelsel goed verstaan word, bly dit ‘n chaotiese stelsel en langtermyn voorpellings blyk onmoontlik te wees – hoofsaaklik omdat die veranderlikes ter sprake nie presies genoeg vasgestel kan word nie. Van die veranderlikes is die massa van hemelliggame en hulle presiese posisies relatief tot mekaar.

Ons het voldoende inligting van hierdie veranderlikes om Son- en Maansverduisterings akkuraat ver vooruit te voorspel, maar nie vir ‘n onbepaalde tydperk nie. Wat kleiner hemelliggame soos asteroïde betref, is vooruitskattings minder geslaagd. Byvoorbeeld die asteroïede 2004MN4 (http://science.nasa.gov/headlines/y2005/13may_2004mn4.htm). Ons weet dat dit op Vrydag 13 April 2009 naby die aarde sal verbybeweeg, maar ons kan nie met sekerheid sê wat daarna gaan gebeur nie.

Ander voorbeelde van komplekse stelses is natuurlik die weer. Ons weet uit ondervinding dat weervoorspellings vir meer as ‘n paar dae onmoonlik is. Daar is net te veel veranderlikes en ons kennis van elke veranderlike is te onakkuraat.

Nog ‘n voorbeeld is die aandelemark. Dieselfde probleme maak die mark se gedrag onvoorspelbaar.

Nou kom vertel die IPCC (Intergovermental Panel on Climate Change) en al sy meelopers dat hulle modelle die globale temperatuur vir die volgende 20, 50 tot 100 jaar met geloofwaardigheid kan voorspel!

Ons weet nie eers wat die oorsaak van die laaste Ystydperk was nie, ons weet nie wat die oorsaak was van verskeie warm en koue tydperke oor die afgelope 10000 jaar nie, (Holocene Optimum, Minoan, Roman, Middle Ages, Little Ice Age) tye waartydens dit veel warmer was as vandag – en lank voor ons CO2 die lug begin inpomp het.

Totdat ons klimaat sodanig verstaan dat ons die verlede se warm en koue periodes verstaan, kan daar weinig waarde geheg word aan die IPCC se voorspellings.

Dit sal ons loon om skepties wees teenoor enige pogings om klimaatverandering te “bekamp” veral omdat ons nie weet hoe effektief sodanige pogings sal blyk te wees nie.

3 Comments

Filed under Uncategorized

Kan jy so blog?

Hier is ‘n uittreksel van ‘n blog wat wys hoe dit gedoen kán word!

“… It was an epic collision of titanic marshmallows; no
one was bruised or dented, but afterwards, everyone involved was sticky
and gooey. It just fills one with a desire to wash one’s hands and
maybe take a shot of some good scotch to get back a little sharpness
and bite. Conviviality is a fine thing in an appropriate social
situation, but in a discussion of matters of substance, it can be a
toxic sludge that obscures differences and impedes the achievement of
any real understanding.



A few interesting comments managed to untangle themselves from the treacle. …”

Meer hier:
http://scienceblogs.com/pharyngula/2009/07/numbers_and_nelson_dislocate_s.php

(die blerrie editor se lienk (mis)manager is ‘n siek grap, so jy moet maar kat en pyst)

3 Comments

Filed under Uncategorized

Rara Avis …

Mnr. Joe Burger van Johannesburg, is bekend onder die voëlkykerkaders as ‘n ekspert wat voëls betref.

Hy het onlangs ‘n vreemde voël in sy tuin gewaar. Die ding het heel gehawend daar uitgesien, en Joe kon dit maklik vang. Die voël is in Joe se voëlhok gesit en kos en water gegee.

Joe kon die vreemde voël nie eien nie, hy het al sy voëlboeke nagaan: Roberts, Newton, Sasol en nog ‘n paar.

Hy sit toe af biblioteek toe en kyk al wat beskikbaar is deur. Voëls van Zim, Zambië, Mosambiek, Tanzanië, Kongo – elke boek waar hy sy hande op kon lê – tevergeefs.

Dit was duidelik nie ‘n Afrika voël nie, en hy begin toe verder noord kyk: Italië, Spanje, Portugal, tot in Skandinawië – steeds niks.

Einde ten laaste kry hy iets in die Britse Eilande – die voël blyk toe ‘n “Greater Crested Rary” te wees in Ierland! Die voël kom net daar voor en hou teen kranse in ‘n baie beperkte gebied.

Na ‘n paar weke het Joe met behulp van ‘n veearts die rary gesond gedokter en toe besluit om die voël na sy natuurlike tuiste terug te neem. So rare en bedreigde voël moet na sy natuurlike tuiste terug geneem word.

Ná nog ‘n paar weke en ‘n gesukkel met die red tape van verskeie staatsdepartemente en die Ierse ambassade, was alle permitte en papierwerk in orde.

Na ‘n lang reis per vliegtuig, trein, bus en gehuurde motor, is Joe en die Rary uiteindelik bo-op die reeks kranse waar Joe die voël oor die krans moet loslaat sodat dit ‘n nuwe tuiste teen die krans kan maak.

Net toe Joe die kooi wou oopmaak, staan ‘n nuuskierige Ier nader en Joe moet nou eers die hele storie vertel.
Oh my goodness,” seg die Ier, “It’s a long way to tip a rary!

1 Comment

Filed under Uncategorized

‘n Nuwe Dop

Daar’s glo ‘n nuwe sopie op die winkelrakke – ingevoer van Mexico.

In die bottel is daar natuurlik die drank, maar ook ‘n veer van die Meksikaanse Koggelaar.

Julle moet maar uitkyk daarvoor, dit heet

Tequila Mockingbird

3 Comments

Filed under Uncategorized

Sulbert Gillivan

It is a little known fact of science history that one of Benjamin
Franklin’s pastimes was training ants to act cooperatively as a type of
early, organic computer.

His greatest success was with a colony of
Camponotus pennsylvanicus which he persuaded to infiltrate a disused
water barrel.

By observing their complex interactions within the
barrel’s circumference, he discovered he could determine pi to as many
places as he wanted or needed. In a fever of excitement, he set out to
publish his discovery, but he had got no further than a title for his
book when his gardener stole the barrel, intending to ride it over the
Niagara falls for fame, fortune and the love of Franklin’s chambermaid.

Needless to say the barrel turned to powder the moment it made contact
with water and the gardener drowned along with Franklin’s
supercomputing colony. All that remains of the venture is the book’s
tantalising title: “The Pi Rates of Ben’s Ants”

Leave a comment

Filed under Uncategorized

n Koue wind …


‘n Koue wind …

dis koud
tot in my lewer, koud

hardehoutwarmte hou nie:
loog die blou uit my oë
tot die grys pêrels
van ‘n ou hond.

                   vuurklip

Foto:
http://www.cloudburstdesignstudio.com/images/photography/old_dog.jpg

4 Comments

Filed under Uncategorized

Lettersmash

Die new look lyk saamgeflans deur ‘n voortvarende klomp jong programmeerdertjies wat dink hulle weet wat ons wil hê.

Wat my veral pla, is dat my inskrywings se formattering en grafika verdwyn tensy iemand spesifiek op ‘n inskrywing kliek. Daardie bland stuk teks lyk na niks en sal niemand se nuuskierigheid prikkel om dit te lees nie.

2 Comments

Filed under Uncategorized

Rigsnoer vir etiese en morele optrede

Ek het in ‘n vorige blog betoog dat die Bybel nie ‘n rigsnoer vir etiese en morele optrede kan wees nie.

Vandag gaan ek verder en sluit hierby in alle heilige boeke sowel as die uitsprake van profete en geleerdes uit vorige eeue.

Calvyn is dalk ‘n goeie en relevante voorbeeld siende dit onlangs sy 500ste verjaarsdag was. Allan Boesak het in sy rubriek Godsdiens Aktueel (Die Burger 15 Julie 2009) een aspek uitgelig wat my betoog steun. Boesak skryf:

“En wat al in jou naam geskep, gedoen of verdedig is, is skandalig. Slawerny, kolonialisme, kapitalisme, apartheid, rassisme, onderdrukking.”

Daar is veral twee belangrike redes waarom hierdie bronne ongeskik is om as etiese en morele rigsnoer te dien:

Eerstens:
Daar is geen objektiewe manier om tussen die heilige boeke te onderskei nie – watter een moet aanvaar word as die korrekte een? Selfs die uitsprake vervat in enige een van die boeke is vol teenstrydighede wat die weg oop laat vir enige denkbare interpretasie. Ons weet byvoorbeeld hoe ons predikante apartheid vergoelik het aan die hand van die Bybel.

Om dieselfde rede kan ons nie op die uitsprake van geleerdes en profete, wat op die heilige boeke steun, vertrou nie – weereens is daar geen objektiewe manier om tussen “ware” en “valse” profete te onderskei nie, en word ons veels te maklik op sleeptou geneem.

Tweedens:
Die bronne het oor duisende jare ontstaan en het grootliks onveranderd gebly gedurende die afgelope 1500 jaar. Die wêreld het intussen verander en die etiese en morele kwessies het ander dimensies bygekry as gevolg van die verwerwing van nuwe kennis. Die skrywers van die heilige boeke en hulle profete kon nie geweet het hoedanig alles verander het nie. Hulle, en talle huidige volgelinge, steek steeds vans by ‘n 6000 jaar oue wêreld wat is ses dae geskep is, en ontken steeds die bestaan van evolusie.

Die moderne wetenskap werp probleme op soos die aanvaarbeerheid van stamsel navorsing. Evolusionêre sielkunde, die struktuur van die brein en die implikasies vir vrye wil veroorsaak beduidende probleme met die behandeling van kriminele elemente in die samelewing.

Hierdie is enkele voorbeelde van nuwe etiese en morele vraagstukke wat nie aan die hand van duisendjaaroue heilige boeke aangespreek kan word nie. Ook kan geleerdes en profete wat slegs op die antieke tekste steun, nie betekenisvolle insette lewer nie.

Ons (sekulêre) Grondwet is darem ‘n stap vorentoe – dit is ‘n lewendige dokument wat meganismes bevat om dit te beveilig maar nie sodanig in graniet (of kleitablette) gebeitel is wat geen verandering toelaat nie.

Daar word ook algemeen aanvaar, al word dit nie altyd openlik erken nie, dat in sommige opsigte die Grondwet ‘n hoër gesag as die heilige boeke verteenwoordig! Moord en roof is steeds onaanvaarbaar, maar ons kap nie meer hande en/of koppe af nie.

Ek sal veel liewer my gewig ingooi by ‘n stelsel wat op ons grondwet gebaseer is, wat deur ‘n onafhanklike regbank interpreteer word. ‘n Grondwet wat vir die moderne tyd geld en wat by veranderende omstandighede kan aanpas.

ps
Allan Boesak beskou kapitalisme as skandalig. Ek sou wou weet watter ekonomiese stelsel hy en sy kerk voorstaan.

2 Comments

Filed under Uncategorized

Minimalisering

Kammakazi het in kommentaar op my vorige inskrywing gesê:

ek kry die indruk jy minimaliseer ‘n Groter God as wat jy(ons) ooit kan
dink of weet , maar dalk is ek hopelik verkeerd . Enige mens wat Hom
wil prys en oor Sy almag wil getuig , mag maar ! Of hulle nou geroepe
is om profete te wees en of hulle net wedergebore sportmense is wat
moet getuig. Jesus het ons almal ewe lief … vrede vir jou .

Wat ek wel trivialiseer (ek verkies dit eerder as minimaliseer) is die manier waarop so baie van ons God voorstel. Dis ‘n beeld van ‘n kleinlike, gewelddadige en jaloerse God, soos aan ons voorgehou op skool, sondagskool en die kerk. Deur dominees, onderwysers en priesters.

‘n God wat hom sou ophou met mense se oorloë en rugbywedstryde.

In die afwesigheid van enige bewyse vir die bestaan van ‘n god, verkies ek om voorlopig niks te glo nie – waaraan sou ek dan moet glo? Feetjies? Flying Spaghetti Monster, Vader Krismis?

Maar, as daar ‘n god sou wees, een (of meer!) wat in staat sou wees om die heelal soos ons dit ken te skep, sou so ‘n godheid oneindig groter en magtiger wees as die voorstelling wat die meeste van ons wel het.

Slegs diegene wat hulleself in die Kosmologie verdiep het, kan ‘n aanvoeling hê vir die grootsheid en mag wat so ‘n godheid sou moet hê.

Maar, wat my aanbetref, wil ek soos Thomas, eers sien en voel! Tot dan, moet ek sê: “Ek weet nie.”

1 Comment

Filed under Uncategorized