Hoera vir Homeopatie!


Hoera vir Homeopatie!

Ons is die bult uit, en op die gelykvlak terwyl die verkouekieme langs die pad gestrooi lê.

Maar, danksy die H., is die stryd half gewonne.

Die siekte het laas Woensdag met mening ingelê en teen Maandag was ek so flou dat ons afgesit het na Dokter Steve.

Hy’t hier geklop en daar geluister, en toe voorgeskryf:
   – Pille om koors te beheer
   – Antibiotika
   – Pille vir kopseer
   – Pille, pille, pille en nog pille!

En sowaar, amper dadelik begin dit werk!

Toe besef ek, die common factor hier is dat die pille met kraanwater afgesluk moet word. En waar kry jy ‘n beter verdunning van aktiewe bestanddele as juis in kraanwater? Water sirkuleer al sedert to begin van lewe op aarde deur lewende wesens en rivierstelsels. Elke glas water moes al elke moontlike mineraal en chemiese verbinding gesien het?

Wys jou net – ou Hahnemann was reg gewees!

Pil-foto

Advertisements

3 Comments

Filed under Uncategorized

3 responses to “Hoera vir Homeopatie!

  1. TheAfricanNewsferret

    Ja dis mos die seisoen vir grille en pille. Beterskap jou kant.

  2. loudavisi

    Het nou sinusontsteking al vir 3 dae.Kan niks ruik of proe nie.Wag en wag en wag vir verligting..Ek smag na asemhaal deur neus.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s