Belangrike Kennisgewing

Belangrike Kennisgewing!

Wees asseblief daarop bedag dat God vir ten minste die volgende paar maande nóg minder tyd gaan hê om ons gebede aan te hoor – en nóg minder tyd om aan versoeke te voldoen. (Jou kanse om ‘n gleuf te kry by RSG se versoekprogramme is veel beter).

Die rede vir hierdie betreurenswaardige toestand is ‘n sameloop van drie omstandighede:

  • Oom Angus beoog om met sy volgende saamtrekke twéé keer meer (van 200 000 na 400 000) manne te trek. Dit beteken dat God se alreeds besige skedule nou nog swaarder gelaai word. Net om na al Oom Angus se manne te luister, beteken dat elke mighty man nou met die helfte minder aandag moet klaarkom. Something’s gotta give …
  • Daar is nou sprake van ‘n Worthy Woman beweging. Die volle impak hiervan het ons nog nie ervaar nie, maar as ons in ag neem dat vroue dat die kerkbanke (let wel, nie die hoghere ghestoelthes nie) beter beset as die manne, kan die Hemelse Administrasie maar solank begin mobiliseer. (As ek so na Hulle algemene reaksie op gebed kyk, wil ek dink dat die Hemelse Administrasie bestaan uit afgestorwe amptenare van Binnelandse Sake).
  • Die Rugby Curriebeker seisoen kom nou op dreef. Ons weet almal watter rugbytrui daar Bo gedra word – my raad aan die Bulle is op nog t-shirts met slogans te verf en dat die hele span aan die einde van elke wedstryd teen die pale opklim. Moet net nie Oom Angus kry om die skare in gebedstroepe op te stel nie, dit sal kontra-proktief wees, en die las op die Hemelse Administrasie net nog swaarder maak.

Moenie sê julle is nie gewaarsku nie.

Foto

Advertisements

1 Comment

Filed under Uncategorized

One response to “Belangrike Kennisgewing

  1. rosa02

    baie interressante blog wat jy hier skryf – laat nogal baie ruimte vir hewige kommentaar en bespreking!! Lekker dag vir jou!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s