Minimalisering

Kammakazi het in kommentaar op my vorige inskrywing gesê:

ek kry die indruk jy minimaliseer ‘n Groter God as wat jy(ons) ooit kan
dink of weet , maar dalk is ek hopelik verkeerd . Enige mens wat Hom
wil prys en oor Sy almag wil getuig , mag maar ! Of hulle nou geroepe
is om profete te wees en of hulle net wedergebore sportmense is wat
moet getuig. Jesus het ons almal ewe lief … vrede vir jou .

Wat ek wel trivialiseer (ek verkies dit eerder as minimaliseer) is die manier waarop so baie van ons God voorstel. Dis ‘n beeld van ‘n kleinlike, gewelddadige en jaloerse God, soos aan ons voorgehou op skool, sondagskool en die kerk. Deur dominees, onderwysers en priesters.

‘n God wat hom sou ophou met mense se oorloë en rugbywedstryde.

In die afwesigheid van enige bewyse vir die bestaan van ‘n god, verkies ek om voorlopig niks te glo nie – waaraan sou ek dan moet glo? Feetjies? Flying Spaghetti Monster, Vader Krismis?

Maar, as daar ‘n god sou wees, een (of meer!) wat in staat sou wees om die heelal soos ons dit ken te skep, sou so ‘n godheid oneindig groter en magtiger wees as die voorstelling wat die meeste van ons wel het.

Slegs diegene wat hulleself in die Kosmologie verdiep het, kan ‘n aanvoeling hê vir die grootsheid en mag wat so ‘n godheid sou moet hê.

Maar, wat my aanbetref, wil ek soos Thomas, eers sien en voel! Tot dan, moet ek sê: “Ek weet nie.”

Advertisements

1 Comment

Filed under Uncategorized

One response to “Minimalisering

  1. vuurklip

    Hokaai – jy kan nie van my eis om die nie-bestaan van God te bewys nie. Die vir jou om die bestaan te bewys. Dis is soos om van my te verwag om te bewys dat Russel se teepot nie om die son wentel nie as jy beweer dat die teepot wel in ‘n wentelbaan is. As jy so ‘n bewering maak, rus die bewyslas op jou!Maar ek eis nie van jou om God se bestaan te bewys nie – ek respekteer jou geloof en dat dit vir jou voldoende is.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s