Lam van God

Agnus Dei

Grootdoenerig verskyn die engel,
Vuur blits uit sy oë
En met vlerke dreigend gesprei,
Annuncieer hy:
"Wees gegroet Maria!
Jy sal jou bene sprei,
En Hom ontvang,
Die heilige wellustige Ram,
En jy sal die Vrug dra,
Vir nege maande sal jy Dit dra,
En verlos word van die Lam,
En Hy sal gebore word in bloed."
En sal so ter slagting gelei word,
En so word vir ons sondes geboet,
En so word ons sondes vergewe.

Maar, kan die Ram
Ooit vir sý sonde vergoed?

                 vuurklip

The Annunciation deur El Greco

Advertisements

4 Comments

Filed under Uncategorized

4 responses to “Lam van God

  1. eiewys-gekkigheid

    Ek is sprakeloos…

  2. eiewys-gekkigheid

    Ek het dit verstaan my vraag is net hoe bewys enige ‘mens’ dit as jy nie ‘n geestelike is nie…dis waarom ek sprakeloos was.Maar jou stelling is joune ek respekteer dit.

  3. vuurklip

    Ek het nie daaraan getwyfel dat jy die gedig verstaan nie!As ateïs het ek geen geloof in enige godheid nie – dit beteken nie dat ek dink dat daar geen god is nie – dit beteken wel dat ek nie glo nie. As daar wel ‘n god is, soek ek bewyse soos die Ongelowige Thomas.Hierie gedig het egter geen “bewys”nodig nie – ek steun op die bybel wat geen aanduiding gee dat Maria ‘n keuse gegee is nie. Dit is vir my ‘n belangrike saak, dat gelowiges dit sonder kommentaar aanvaar dat Maria ge-koöpteer is sonder haar toestemming.As feminis is dit vir my onbegryplik. Al is die hele storie slegs ‘n mite, is dit vir my vreemd dat mense dit sonder kritiek sluk.

  4. eiewys-gekkigheid

    Dankie vuurklip soos ek sê ek respekteer jou siening.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s