Monthly Archives: September 2009

East of Eden

East of Eden

east of eden is ver, ver weg
james dean het destyds daar gewoon
en ek
en pa en ma
en anna
en sander

die son is lankal onder
ook oor daardie eden
en oor pa en ma
en dalk ook oor die ander

maar ek is steeds hier
en james ook
ek het hom gesien
net gisteraand nog
op tv vier

                            vuurklip

Foto

5 Comments

Filed under Uncategorized

Die see

Die see in Valsbaai is vanoggend stil soos ‘n spieël sodat elke beweging van die walvisse duidelik uitstaan.

Op die foto sien jy Simonstad in die verte – die walvisse is ongelukkig nie op die foto te siene nie …

9 Comments

Filed under Uncategorized

Raaiselagtige waarskuwing: SABC

Gisteraand op SABC3 is die film Good night and good luck uitgesaai. Julle sal onthou dat dit die verhaal vertel van CBS se blootlê van die Amerikaanse senator Joseph McCarthey se vervolging van werklike en vermeende kommuniste. Die destydse Oos-Duitse STASI en die USSR se KGB sou trots gewees het op McCarthy se metodes om van hoorsê, innuendo en skinderstories gebruik te maak om mense te verguis. Veral die vermaaklikheidswêreld se sterre moes dit ontgeld.

CBS se joernaliste het nie onder groot druk van die bestuur en van politici geswig nie, en voortgegaan met hulle exposé – wat grootliks tot die einde van McCarthy se waansinnige vervolgings bygedra het.

Die eienaardigheid van die uitsending was dat daar aan die begin en telkens ná ‘n onderbreking vir advertensies, ‘n waarskuwing op die skerm vertoon is. Sien die foto hierbo. Die film is ook aanbeveel vir kykers ouer as 12.

In die film is daar geen geweld, geen seks, geen naaktheid, geen vloekery, geen godslaster, niks aanstootliks nie.

Die vraag is: Waarom dan die waarskuwing? Waarteen kan ons kykers moontlik aanstoot neem?

Is dit dalk omdat die SABC dink dat ‘n onafhanklike span joernaliste vir ons aanstootlik kan wees?

David Strathairn as Edward R. Murrow

 

3 Comments

Filed under Uncategorized

Vandag se oes.

Die Burger bly ‘n onuitputlike bron van ongewone en/of nuwe versinsels van mense se name.

Hier is vandag se oes:

Aenne
Amelius
Beliana
Eldette
Noldeen
Roula

My hele versameling is hier:
http://vuurklip.net/nuwename.php

5 Comments

Filed under Uncategorized

Skok en ontsteltenis

Dame Joan Sutherland is drie-en-tagtig jaar oud!

En ek is nie veel jonger nie …

Foto

5 Comments

Filed under Uncategorized

Heb je wel gehoord?

As jy al ooit gehoor het van Paul Dirac, sal jy die volgende waardeer:
http://seedmagazine.com/content/article/studying_the_strangest_man/P1/

Dirac (links) in gesprek met Richard Feynman

4 Comments

Filed under Uncategorized

Klapperkrap

Hierdie krap eet kokosneute!

http://www.flickr.com/photos/96483949@N00/200463808/in/photostream/

5 Comments

Filed under Uncategorized

Nagmerriegedrogte – nie vir sensitiewe siele nie

Tongue eating isopod.

Meer hier

En hier

5 Comments

Filed under Uncategorized

Boontjie kry ly loontjie

Waar is Mr Bean deesdae?
In hy 'n has been?

Foto

4 Comments

Filed under Uncategorized

Skoon hande

Almal sê altyd jy moet jou hande was voor jy brood knie.

Maar ek vind dan mý hande juis mooi skoon is ná ek geknie het.

12 Comments

Filed under Uncategorized