Monthly Archives: October 2009

Wie het dit gesê?

“It is much better to read books

of travel than to travel oneself.”

Stem jy saam?

6 Comments

Filed under Uncategorized

Sirkus

sirkus

van buite kyk ons die ring in
ruik ons die vars saagsels
en soos ’n hond op ’n leeuspoor
snuif ons versigtig
die geur van die wilde dier

op die rand van ons stoel
balanseer ons
saam met die touloper
met sy paal wat weerskante
oor die afgrond hang

hansworse laat ons oopmond lag
en vir ’n oomblik vergeet
van die volgende dag
en dat ons toekyk
vanuit die donker nag

 

                             vuurklip

 

Kunswerke van Chagall

1 Comment

Filed under Uncategorized

Kinderspeletjies!

Kinderspeletjies van lank, lank gelede …

6 Comments

Filed under Uncategorized

Grafskrif

Grafskrif

die kers se was

verteer totaal

tot waterdamp

en koolsuurgas

en naderhand

weet niemand meer

dat eens ‘n kers

met lig hier was

              vuurklip

2 Comments

Filed under Uncategorized

Werklike en verbeelde gevare

In gister se Die Burger:

            Kapenaars ruk op teen klimaatsverandering

Die artikel lys talle projekte ter ondersteuning van die veldtog 350.org se internasionale dag van aksie teen klimaatsverandering.

Nou toe nou!

Die 350 verwys na die “ideale” CO2 konsentrasie, dws 350 deeltjies CO2 per miljoen deeltjies van die atmosfeer. ‘n Uiters klein persentasie (0.035%) van die atmosfeer is dus CO2.

Die totale hoeveelheid CO2 wat deur die oseane en land (Bron: Peter Taylor in Chill, Clariview 2009) hersikuleer word, word op sowat 150 Giga-ton geraam, die menslike produksie van CO2 word op 7 Giga-ton geraam – slegs sowat 5% van die totaal.

In die lig van bostaande is moeilik om in te sien hoe die CO2 wat ons produseer die klimaat wesenlik beïnvloed en hoe die pogings om die konsentrasie CO2 op ‘n arbitrêre 350 dpm vas te pen, enigsins ‘n beduidende uitwerking sal hê.

Daar is veel groter gevare wat ons bedreig! Gevare waarteen ons almal behoort te betoog – en nie net een keer per jaar nie.

Die meeste en die ergste van hierdie gevare het hoofsaaklik een oorsaak: Die ANC se beleid van kaderonplooiing. Lees maar Helen Zille se ontleding soos in Die Burger van vandag. Hierdie beleid lei tot die verval van dienslewering op alle regeringsvlakke, en op die verskillende aanslae op die regbank en die vrye pers – hoekstene van die demokrasie en ons belangrikste skans teen magsmisbruik.

2 Comments

Filed under Uncategorized

Gevind in Napier

Uit die Overberg se wingerde …

soetwyn o soetwyn
maak my hartjie skoon en rein

soetwyn soetwyn
nog ‘n dop verdoof die pyn

hanepoot hanepoot
blaas my met jou bokhaelskoot

muskadel muskadel
die dood bevry my van die hel

hanepoot o hanepoot
die lewe is net vir die dood

                              vuurklip

2 Comments

Filed under Uncategorized

Besoek die Irma Stern Museum!

Ontwerp: Carolyn Dent UCT MSFA

1 Comment

Filed under Uncategorized

Raakgeloop

Onlangs raakgeloop op Prins Albert …

Skilder: Diane McLean

5 Comments

Filed under Uncategorized

Waar het ons die skaamte kwytgeraak?

Meer as ‘n half miljoen Rand. Het die mense nie meer skaamte nie?

Ek sou ook so smug gesmaail het.

Johannesburg – Police Minister Nathi Mthethwa has racked up another five-star hotel bill, this time worth over R570 000 in Durban, the Sunday Independent reported.

Between December 19 and April 25, Mthethwa was intermittently booked into the luxurious Hilton Hotel along with members of his VIP Protection Unit at a cost of R578 499.

Bron: News24

3 Comments

Filed under Uncategorized

Betotteld in Hermanus

Was ‘n paar dae in Hermanus – ‘n klompie walvisse gesien maar opvallend is al die kuierplekke – elke tweede deur is ‘n restourant.

Dan nog boonop is daar talle “tourist traps” en maak nie saak waar jy kom nie, daar speel ‘n CD van óf Andrea Bocelli, óf Sarah Brightman, óf nog erger, albei tegelyk.

Home sweet home vir my!

Jammer aan al die fêns …

5 Comments

Filed under Uncategorized