Moenie die bobbejane/trolle voer nie!


Moenie die bobbejane voer nie!

Waar bobbejane en mense na-aan mekaar woon, is daar gewoonlik probleme! Veral hier waar ons woon in die Suid-Skiereiland, agter die sogenaamde Muesli-Gordyn.

Besoekers van agter die Boerewors-Gordyn is veral lief om die bobbejane te bederf – en as hulle terug is by hulle bier-en-braaivleis, sit ons steeds met die probleem.

Blogtrolle is baie soos bobbejane. Trolle voed op bloggers se reaksie. Hoe sterker die reaksie, hoe groter is die trol se beloning en hoe lastiger word hulle.

Daarom moet bloggers teenoor trolle net so optree as teenoor bobbejane:
  – Ignoreer, moet hulle nie voer nie.
  – Hou verby.

Die beste raad is: *MTVN

*Moenie Trolle Voer Nie

Foto

Advertisements

7 Comments

Filed under Uncategorized

7 responses to “Moenie die bobbejane/trolle voer nie!

  1. louisna

    Spot on Vuurklip. Oorgeslaandes word nooit dik nie, ongeag hoeveel hulle gevoer word

  2. Wolletjies

    Yip dit is!

  3. louisna

    Jy’s nogal skerp vandag

  4. eiewys-gekkigheid

    Ag Vuurklip ek probeer maar die troljaan wil my nie uitlos nie en vee ek uit hou die net aan terug kom…

  5. Sanseveria

    Ek voel dieselfde oor die mediavoer wat Malema kry.

  6. vuurklip

    Hy is ook ‘n soort trol, nè!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s