Monthly Archives: November 2009

Riekus Waskowsky (1932- 1977)

       Reisopdracht

       en als je weggaat…

       regen, er dreigt regen,
       storm blaast zand
       over de wegen,
       men moet z’n ogen beschermen.
       angstige vogels zwermen
       boven het land.
       de lucht is zwart.

       …zeg langzaam:
       Ik hou van regen.
       Ik hou van storm.
       Ik ben niet bang.

       Riekus Waskowsky (1932-1977)

Advertisements

7 Comments

Filed under Uncategorized

Warmergate II

Die aanhaling hier onder is asemrowend in die arrogansie daarvan. Hiervolgens is selfs feite en data nie meer van belang nie. Kan jy dit glo? Al is die ondersteunende data verkeerd, bly die gevolgtrekking onveranderd!

And even if Mann’s work and all of the other studies that served as the basis for the IPCC [2001] statement on the historical temperature record are wrong, that would not in any way invalidate the conclusion that humans are currently causing rising temperatures.

Bron:
http://tinyurl.com/ylf66du
(Discover Magazine) 


2 Comments

Filed under Uncategorized

Global Warning!

Het op ‘n ander blog hierop afgekom. Die skandaal (data manipulasie) het nou ook na New Zealand uitgebrei:

One station, Hokitika, had its early temperatures reduced by a huge 1.3°C, creating strong warming from a mild cooling, yet there’s no apparent reason for it.
We have discovered that the warming in New Zealand over the past 156 years was indeed man-made, but it had nothing to do with emissions of CO2—it was created by man-made adjustments of the temperature. It’s a disgrace.
NIWA claim their official graph reveals a rising trend of 0.92ºC per century, which means (they claim) we warmed more than the rest of the globe, for according to the IPCC, global warming over the 20th century was only about 0.6°C.

Leave a comment

Filed under Uncategorized

‘n Horrorscope

‘n (Kreef) Horoskoop vir Snousie 26 Nov 2009:

Wees daarop bedag om nie ‘n in die openbaar ‘n gek van jouself te maak nie.

Ongelukkig kan sy (nog) nie lees nie!

2 Comments

Filed under Uncategorized

In die Agterplaas

Sondag was mooiweer – toe gaan stap ons in die agterplaas:

5 Comments

Filed under Uncategorized

Kwatryn

Die somers is te warm

En die winters is te koud.

Een oggend as jy wakkerskrik,

Dan is jy skielik oud.

vuurklip

23 November 2009

 

 

Kazuya Art Museum

3 Comments

Filed under Uncategorized

Die Internet is aan die Brand!

‘n Nuwe Warmlug Skandaal.

Hierdie is ‘n warm storie – en jy sal niks daaroor in Die Burger te siene kry nie – waarskynlik ook nie in die ander hoofstroom koerante nie.

Daar is die afgelope paar dae letterlik duisende epos boodskappe en dokumente op die internet gepubliseer.  Die inligting kom van die East Anglia University se CRU (Hadley Centre Climate Research Unit). Die epos boodskappe is tussen wetenskaplikes verbonde aan EAU se CRU en ander medewerkers en meelopers elders (Noem hulle maar die “Span”).

Die data is waarskynlik deur ‘n interne “whistleblower” uitgelek, maar dit kan ook ‘n “hacker” gewees het.

Die inhoud van hierdie epos boodskappe en dokumente laat ‘n mens ernstig twyfel aan die geloofwaardigheid van beide die wetenskaplikes én aan díe van die IPCC (Intergovermental Panel on Climate Change), aangesien die persoonlikhede ter sprake van die voorste deelnemers is aan die verslae van die IPCC. Die IPCC se reputasie is sodanig dat regerings groot beleidsverandering implementeer wat enorme belasting implikasies inhou. Dit sluit in groot subsidies vir sogenaamde hernubare energiebronne en belastings op die vrystelling van koolstof – die “carbon tax”.

Die hele wetenskaplike fondament vir hierdie strategieë en beleidsveranderings blyk nou die resultaat te wees van data manipulasie en die intimidasie van wetenskaplikes en redakteurs van tydskrifte wat nie die Span se dogma en agenda ondersteun nie.

Jy vra jou af waarom hoogs gekwalifiseerde en gerespekteerde wetenskaplikes hulle aan díe soort gedrag skuldig maak. Een moonlike rede is vervat in een van die gelekte dokumente – dit blyk dat die CRU in die afgelope klompie jare tot US$ 23 miljoen dollar in toekennings ontvang het van onder andere die hernubare energie bedryf. Daar is dus groot geld ter sprake.

Waarom is die CRU belangrik? Dit is die eenheid wat die verantwoordelikheid het om internasionale data tov aardtemperature te versamel, te berg en te administreer. Dis ‘n eenheid met hoë aansien in die wereld van klimaat navorsing.

Uit die korrespondensie is dit duidelik dat die vermoede dat ‘n relatiewe klein kliek (sowat 40 persone) die publikasie proses en die IPCC se verslae gakaap het om hulle eie agenda te bevorder. Hierdie mense het wyd gepubliseer deur die “peer review” sisteem te manipuleer sodat hulle mekaar se werk hersien het.

Wat blyk nog uit die korrespondensie? Hier is ‘n paar aanduidings:

  • ‘n Redakteur van GRL (Geophysical Reseach Letters) uitgewerk
  • Oproep aan medewerkers om korrespondensie tov die IPCC se vierde verslag (AR4) te vernietig
  • Genoegdoening oor die afsterwe van ‘n skepteise kollega
  • Pogings om regmatige versoeke vir data en algoritmes te fnuik.
  • Vernietiging van data
  • Manipulering van statistiese data
  • Pogings om die feit dat daar die afgelope 10 jaar géén verwarming was nie, te verdoesel
  • Verdoeseling van die MWP (Middeleeuse verwarming) wat warmer was as tans om die moderne verwarmint te laat uitstaan
  • Intimidasie van kollegas
  • Intimidasie van tydskrifte se redakteurs
  • Manipulasie van die “peer review” proses om te verseker dat goedgesinde persone aangewys word.
  • Geniepsige geskinder oor kollegas wat nie die Span ondersteun nie.

Bronne:

The Reference Frame
http://camirror.wordpress.com/
http://wattsupwiththat.com/
http://noconsensus.wordpress.com/

Christopher Booker

Alan Caruba

James Delingpole

Benny Peiser

http://www.americanthinker.com/2009/11/the_evidence_of_climate_fraud.htm
http://anhonestclimatedebate.wordpress.com/2009/08/14/dangerous-deception-by-dr-tim-ball/

http://www.gopexiles.com/?p=4252

Die dik kolom “rook”  wat bo die koeltorings uitborrel is in der waarheid waterdamp!

4 Comments

Filed under Uncategorized

Legendes of leuens?

As iets lyk soos karton, ruik soos karton en smaak soos karton, dan ís dit karton, nie waar nie? Op die Ouma boks is daar ‘n lang storie oor die ontstaan van Ouma Greyvensteyn se beroemde beskuit. Maar lyk dit vir jou soos regte plaasbeskuit? Karringmelk nogal? Dit sal my verbaas as hierdie oneetbare kartonbeskuit enige melk – wat te sê karringmelk – bevat.

Ouma sal in haar graf omdraai as sy sien hoe haar resep misbruik word.

Spoeg uit!

4 Comments

Filed under Uncategorized

Die Rassekaart

As jy gedink het ons is goed met hierdie kaartspel maak jy ‘n gróót fout!

Ons kan by Jesse gaan kersopsteek.

6 Comments

Filed under Uncategorized

Macbeth

Hier is die oorsprong van Macbeth se beroemde woorde:

Out, out! Damn Spot!

Ja, ek weet, die aanhaling is nie akkuraat nie, en dis eintlik die Lady wat dit gesê het

6 Comments

Filed under Uncategorized