Die Internet is aan die Brand!

‘n Nuwe Warmlug Skandaal.

Hierdie is ‘n warm storie – en jy sal niks daaroor in Die Burger te siene kry nie – waarskynlik ook nie in die ander hoofstroom koerante nie.

Daar is die afgelope paar dae letterlik duisende epos boodskappe en dokumente op die internet gepubliseer.  Die inligting kom van die East Anglia University se CRU (Hadley Centre Climate Research Unit). Die epos boodskappe is tussen wetenskaplikes verbonde aan EAU se CRU en ander medewerkers en meelopers elders (Noem hulle maar die “Span”).

Die data is waarskynlik deur ‘n interne “whistleblower” uitgelek, maar dit kan ook ‘n “hacker” gewees het.

Die inhoud van hierdie epos boodskappe en dokumente laat ‘n mens ernstig twyfel aan die geloofwaardigheid van beide die wetenskaplikes én aan díe van die IPCC (Intergovermental Panel on Climate Change), aangesien die persoonlikhede ter sprake van die voorste deelnemers is aan die verslae van die IPCC. Die IPCC se reputasie is sodanig dat regerings groot beleidsverandering implementeer wat enorme belasting implikasies inhou. Dit sluit in groot subsidies vir sogenaamde hernubare energiebronne en belastings op die vrystelling van koolstof – die “carbon tax”.

Die hele wetenskaplike fondament vir hierdie strategieë en beleidsveranderings blyk nou die resultaat te wees van data manipulasie en die intimidasie van wetenskaplikes en redakteurs van tydskrifte wat nie die Span se dogma en agenda ondersteun nie.

Jy vra jou af waarom hoogs gekwalifiseerde en gerespekteerde wetenskaplikes hulle aan díe soort gedrag skuldig maak. Een moonlike rede is vervat in een van die gelekte dokumente – dit blyk dat die CRU in die afgelope klompie jare tot US$ 23 miljoen dollar in toekennings ontvang het van onder andere die hernubare energie bedryf. Daar is dus groot geld ter sprake.

Waarom is die CRU belangrik? Dit is die eenheid wat die verantwoordelikheid het om internasionale data tov aardtemperature te versamel, te berg en te administreer. Dis ‘n eenheid met hoë aansien in die wereld van klimaat navorsing.

Uit die korrespondensie is dit duidelik dat die vermoede dat ‘n relatiewe klein kliek (sowat 40 persone) die publikasie proses en die IPCC se verslae gakaap het om hulle eie agenda te bevorder. Hierdie mense het wyd gepubliseer deur die “peer review” sisteem te manipuleer sodat hulle mekaar se werk hersien het.

Wat blyk nog uit die korrespondensie? Hier is ‘n paar aanduidings:

  • ‘n Redakteur van GRL (Geophysical Reseach Letters) uitgewerk
  • Oproep aan medewerkers om korrespondensie tov die IPCC se vierde verslag (AR4) te vernietig
  • Genoegdoening oor die afsterwe van ‘n skepteise kollega
  • Pogings om regmatige versoeke vir data en algoritmes te fnuik.
  • Vernietiging van data
  • Manipulering van statistiese data
  • Pogings om die feit dat daar die afgelope 10 jaar géén verwarming was nie, te verdoesel
  • Verdoeseling van die MWP (Middeleeuse verwarming) wat warmer was as tans om die moderne verwarmint te laat uitstaan
  • Intimidasie van kollegas
  • Intimidasie van tydskrifte se redakteurs
  • Manipulasie van die “peer review” proses om te verseker dat goedgesinde persone aangewys word.
  • Geniepsige geskinder oor kollegas wat nie die Span ondersteun nie.

Bronne:

The Reference Frame
http://camirror.wordpress.com/
http://wattsupwiththat.com/
http://noconsensus.wordpress.com/

Christopher Booker

Alan Caruba

James Delingpole

Benny Peiser

http://www.americanthinker.com/2009/11/the_evidence_of_climate_fraud.htm
http://anhonestclimatedebate.wordpress.com/2009/08/14/dangerous-deception-by-dr-tim-ball/

http://www.gopexiles.com/?p=4252

Die dik kolom “rook”  wat bo die koeltorings uitborrel is in der waarheid waterdamp!

Advertisements

4 Comments

Filed under Uncategorized

4 responses to “Die Internet is aan die Brand!

  1. dinkweer

    Vuurklip, dat ons besig is om die planeet met ons rommel te besoedel, het ek nie twyfel oor nie. Maar hierdie sogenaamde aardverhitting storie, oortuig my nie volledig nie.Dit is ook so dat in sommige hoëdigtheid industriële aereas in die Ruhr gebied, jy in die somer soms moeilik asemhaal as gevolg van die industriële gasse. Maar nou ja, aardverhitting? Ek weet nie! Ek het te min kennis daarvan om ‘n opinie te waag.

  2. vuurklip

    Ons moet nie besoedeling en die vermorsing van hulpbronne met aardverwarming verwar nie.

  3. skaawagter

    Net om by te dra tot die verwarr(m)ing…in n Archimedes van die sewentigerjarenogal n goeie artikel wat die ystydperke en warmer periodes tussenin korrelleer met die aantrekkingskrag van Jupiter op die aarde se baan en afstand van die son, kan nie die outeur onthou nie, maar wel goed wetenskaplik verantwoorde navorsing!

  4. vuurklip

    Ja, kyk ook hier: http://www.breadandbutterscience.com/Google ook maar vir Theodore Landscheidt en Fred Bailey.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s