Legendes of leuens?

As iets lyk soos karton, ruik soos karton en smaak soos karton, dan ís dit karton, nie waar nie? Op die Ouma boks is daar ‘n lang storie oor die ontstaan van Ouma Greyvensteyn se beroemde beskuit. Maar lyk dit vir jou soos regte plaasbeskuit? Karringmelk nogal? Dit sal my verbaas as hierdie oneetbare kartonbeskuit enige melk – wat te sê karringmelk – bevat.

Ouma sal in haar graf omdraai as sy sien hoe haar resep misbruik word.

Spoeg uit!

Advertisements

4 Comments

Filed under Uncategorized

4 responses to “Legendes of leuens?

  1. fiemies

    Hulle gebruik seker “instant yeast”, en nie Maankind se aartappelplantjie nie 😉

  2. vuurklip

    Vertel van die aartappelplantjie! Hoe werk dit?

  3. skaawagter

    Hier is n maklike reseppie vir regte karringmelkbeskuit; hoop jy het genoeg broodpanne, of gebruik sommer daai groot vierkantige ene onder in die oond… Krismis-karringmelkbeskuit 1 kg bruismeel [of koekmeel met so 6 t bakpoeier] sout 1t semels 500g pitlose rosyntjies en of klapper en of neute na beoefte 500g botter [nie margarine nie!] 500ml karringmelk 3 of 4 eiers, geklitssuiker, bruin, 2 of 3 koppies sif meel, bakpoeier en sout saam voeg semels en vrugte en neute byklits eiers en suiker en karringmelk saam[moet nognie inmeng nie] vryf botter in die meelmengsel in gooi nou die karringmelk ens by, miskien is n bietjie lou water nodig meng goed, gooi in gesmeerde panne en bak by 180grade celsius tot gaar ,seker vir 30 minute of so laat afkoel in die panne, sny versigtig in beskuite of breek in mooi stukke, droog in lou oond met die deur op n skrefie oop lekker eet!

  4. vuurklip

    Vreeslik dankie – sien uit daarna om dit te toets!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s