Climategate II

Die storie hou net nie op nie! Die Burger is steeds doodstil oor die hele affêre – hoewel ‘n (goeie) lesersbrief vandag die saak aanroer. Daagliks kom nuwe inligting tevoorskyn oor die onheilige praktyke wat gepleeg word.

Een van die Climategate onthullings is hoe die “Hockey Team” data manipuleer, selektief weglaat, selektief insluit, of bloot verdoesel om hulle uitsprake oor die “ongekende” aardverwarming te onderskraag.

Om ‘n behoorlike insig te verkry oor die hele gedoente, moet jy ongelukkig ‘n hele klomp bronne raadpleeg – dus, ‘n bietjie moeite en toewyding word geverg.

In latere blogs sal ek meer verwysings gee. Intussen noem ek net dat voorbeelde van manipulasie nou al blootgelê is in:

  • Alaska
  • China
  • Australië
  • New Zealand
  • Rusland

Hier is ‘n goeie beginpunt. Dit is ‘n bespreking van ‘n geval in Australië deur Willis Eschenbach. Om die manipulasie behoorlik te waardeer, is dit nuttig om ook ‘n bepreking (in 5 dele!) deur die statistikus William M Briggs te lees oor hoe om nie bedrog te pleeg met statistiek nie.

Eschenbach se analise is nogal lank maar dis die moeite werd om aandag daaraan te gee. Ek onmoontlik reg laat geskied deur ‘n opsomming te probeer gee, en volstaan met die laaste grafiek in die artikel wat duidelik aantoon hoe die temperatuur opwaarts aangepas word.

Kyk veral na die swart lyn wat die aanpassing weergee, die blou lyn met die diamantjie wat die rou data verteenwoordig, en die gevolglike “trend” soos die ” thin blue line” aandui.

As die rou data nie die “regte” resultaat gee nie, “homoginise” jy totdat jou pas!

Advertisements

7 Comments

Filed under Uncategorized

7 responses to “Climategate II

  1. loudavisi

    Mens kan ook niemand meer glo nie!

  2. aa3cher

    Ek is seker daar is verskillende “agendas” en dis jammer dat daar data manipulasie plaasvind wat ‘n groot vraagteken agter ‘n ernstige kwessie plaas!Tog gaan mense sukkel om my te oortuig dat die huidige bevolking op aarde en ons ongekende energiebehoeftes net ‘n geringe impak het op die omgewing en dat alles maar deel is van ‘n natuurlike proses!

  3. vuurklip

    Jy moet net versigtig wees wie jy glo! Iemand wat namens die regering of ander organisasie praat, moet jy met skeptisisme en ‘n groot lepel sout bejeën!

  4. vuurklip

    Daar is goeie redes om nie met hulpbronne te mors nie, om nie te besoedel nie en om nie die omgewing te vernietig nie. Maar hierdie sake moet apart van klimaatverandering beskou word – dit word veroorsaak deur naruurlike faktore waaroor ons geen beheer het nie.Die aarde vas in die verlede veel warmer as tans, lank voor mense op die toneel was.

  5. vuurklip

    Klimaatverandering is ‘n gegewe. Dat die huidige klimaat warmer is as sedert die vorige eeu se dertigs is hoogs waarskynlik ook korrek. Die issue is a) of mense die oorsaak daarvan is en tot watter mate, en b) wat is die oorsake vir klimaatverandering. Indien dit nie CO2 is nie, is al die miljarde dollars wat bestee word aan “mitigation” ‘n vermorsing. Ons kan op die CO2 saak ingaan – dalk moet ek daaroor blog. Die IPCC se klimaat-modelle kan nie die “little ice age” (1650-1850) of die “mediaeval warm period” (800-1300) verklaar nie. Hulle het ook nie voorspel dat daar die afgelope 10 jaar geen verdere verwarming was nie.

  6. latitude

    jou blog is befok!!!!!as jy regtig aardverwarming wil ervaar kom kuier by my in Phalas.Die outoppie by wie ek my huis gekoop het, kon 25, (ja vyf en twintig) jaar se data op papier deel…die warmste en koudste wat Phalas was….interesant genoeg,vir die laaste 5 jaar daal die maksimum in die nag na 10…in die dag 37….`n hele 5 grade minder…die bonus natuurlik is die reenval wat met 70 mm per jaar vermeerder het…

  7. latitude

    Lou ek stem nie…glo jouself…is jou valley nog dieselle?ek wed jou die weer maak jou wonder dag in en dag uit…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s