Kerk en Staat

Vanoggend in Die Burger: Christina Landman pleit vir die “saamstap van Kerk en Staat”.

Dit is myns insiens ‘n gevaarlike sentiment – ‘n wens wat jy liewer moet hoop dat dit nie waar word nie. Watter kerk wil sy hê? Sekerlik nie die een wat nog vroue stenig en mense se hande/voete afkap nie.

Nader aan huis het ons geestelikes en politieke leiers (sal nie name noem nie) wat gays nie kan verduur nie.

Nóg nader aan die bors is die kerk wat hom besig hou met voorhuwelikse seks – en of vroue in die bediening mag wees.

Daar is reële gevare wat ons demokrasie bedreig en waarteen kerke hulle lidmate behoort te mobiliseer. Ek moet die professor darem krediet gee dat sy van die kerke vra om sake soos armoede, hospitale, gays, tronke, ens. met die Staat op te neem.

Foto

Advertisements

6 Comments

Filed under Uncategorized

6 responses to “Kerk en Staat

  1. bernster

    ‘n freakin bietjie?

  2. bernster

    Die vrou is so van haar sinne beroof dis is ‘n absolute wonderwerk dat die media enigsins iets wat sy sê ernstig kan opneem.

  3. Doubtingthomas

    Gee my enige dag eerder ‘n sekulêre staat.Die, of sommige, kerke hét hul innings onder die NP-regering gehad en was heeltemal té magtig in daardie tyd. Boonop het hul klaaglik misluk.Maar dis slegs my opinie.

  4. Gharki

    Ag nee wat, dit is net weer ‘n deursigtelike poging om ‘n debat in die nuwejaar te inisieer om sodoende relevansie vir die teologie te beding. Skaf asb teologie as vakgebied op universiteite af. Hoekom moet ek as belastingbetaler iets subsidieer wat mitologie is en net een vorm daarvan bedien?

  5. Ou-Top

    Nee wat, die Kerke moet uit die staat se sake bly, hulle moet onder die gemeenskap doenig wees. Kyk wat het die Roomse Kerk destyds aangevang toe hulle byna die staat self was. En kyk waar het ons geland nadat ons in 1948 vir Generaal Smuts uitgestem het en die predikante die regering vir dekades oorheers het.

  6. Neander

    Goeie blog. Christina behoort van beter te weet. Die katolieke het vir ons die voorbeeld gestel met die Inkwisisie en Galileo se verguising 50 jaar voor Jan v Riebeeck.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s