Rasioneel?

Dit verstom my telkens hoe andersins rasionele mense hulle denke afskakel as dit gaan oor godsdiens. Om enigsins in die wêreld te oorleef, moet ons ‘n rasionele benadering tot die reële wêreld om ons handhaaf.

Maar kyk nou wat sê mnr Theo Joubert wat die aardskudding in Haïti oorleef het:

“Die Here het my beskerm en seker gemaak ek is veilig.” (Lees hier)

Wat op dees aarde dink mnr Joubert het God besig gehou toe die vyfjarige meisie se hand sonder verdowing geamputeer is?  (Lees hier). Om nie te praat van al die ander slagoffers nie?

Die soort ondeurdagte opvattings is sprekend van ‘n wêreldbeeld ingegee deur die onkritiese vertering van Sodom en Gomorrah tipe bybelstories.

Advertisements

8 Comments

Filed under Uncategorized

8 responses to “Rasioneel?

  1. maryke-anne

    Miskien moet mens dankbaar wees vir die 100de 1000de mense wat nie hulle lewens verloor het nie. En dalk ook – en ek sê dit baie versigtig – is dit die natuur se manier om die getalle van die mens af te bring. Ons is besig om die Aarde te versmoor maar ons word net meer en meer, en meer en meer mense se lewens moet gered word. Die aarde kan nie die getalle onderhou nie.Maar om so sinies te wees oor mnr Joubert se geloof … tsk … God sê juis ons moet soos kindertjies glo.

  2. maryke-anne

    Baie goed gestel Kammakazi!

  3. vuurklip

    Die “natuur se manier om getalle af te bring”? Werklik? En hoe besluit die natuur wie afgemaai moet word? Hoekom is dit gewoonlik die armstes wat afgemaai word? Ek vind die geloof dat sommige van ons “uitverkore” is om te ooleef afstootlik en irrasioneel.

  4. vuurklip

    Ek is werklik nie so arrogant om te dink dat ek uitverkore is om tot dusver te oorleef het nie – my bestaan is nie aan enige van my eie meriete te danke nie. Ek is ook nie so arrogant om te dink dat my geloof of ongeloof enige uitwerking het op die Aarde se tektoniese verskuiwings nie. Ek is ook nie “hardvogtig” teenoor gelowiges nie – maar ek vind die opskorting van rasionele denke – as dit oor godsdiens gaan – moelik om te verstaan. En ek is ook nie arrogant genoeg om te dink dat ek alles weet nie en om voor te gee dat ek oor absolute sekerheid beskik tov die bestaan al dan nie van enige bo-natuurlike opperwesens nie.Laastens, ek is nie “gefrustreerd” in my ongeloof nie.

  5. maryke-anne

    Laat sak die boude vuurklip. Dit is ‘n alombekende feit dat siekte pandemies soos HIV/Vigs en natuurrampe ‘n natuurlike manier is om die balans tussen die mens en aarde te herstel. Enige mens kan dit tog insien! Die mens kan tog nie aanhou aanteel en die aarde oorlaai sonder enige nagevolge nie. Die armstes wat afgemaai word? Sover my kennies strek kan ‘n natuurramp enige plek gebeur. Natuur diskrimineer nie. Nerens het ek gesê dat sommige van ons uitverkore is nie! Moet nie woorde in my mond plaas nie. Ek hou beslis nie daarvan nie. As jy jouself die reg toe-eien om jou onsmaaklike opinie te lug, gun ons ander ook die geleentheid. Daarsonder kan daar beslis nie gesonde debattering plaasvind nie.

  6. vuurklip

    Jammer dat jy my opinie “onsmaaklik” vind. Ek kan ‘n eerlike meningsverkil nie as onsmaaklik beskryf nie.Dis ook jammer dat ons van die onderwerp afgewaal het en by natuurrampe beland het. My blog gaan oor Mnr Joubert se – in my opinie – irrasionele geloof-uiting tov sy oorlewing.Ek lê ook nie woorde in jou mond nie – jy beweer self dat ons dankbaar moet wees vir die duisende wat oorleef – is ons oorlewendes dan nie uitverkore bo die wat moes sterf nie?En, ja, jy is natuurlik geregtig op jou opinie, en jy oefen juis jou reg hier uit om dit dmv kommentaar te lug.

  7. vuurklip

    Dankie dat ons met wedersydse respek van mekaar kan verskil en daaroor gesprek kan voer!

  8. christo.loots

    Ek stem. In die openbaar, met hand opsteek. My pa het met verwysing na ‘n eie ‘heilige’ dag van ons ‘Afrikanervolk’ altyd vermaan: Mens moet nie van God ‘n bespotting maak nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s