Arm mense swaarste getref

In ‘n vorige blog (hier) het ek in die kommentare die stelling gemaak dat die armes swaarste getref word deur naruurrampe. Maryke as volg verskil:   “Sover my kennies strek kan ‘n natuurramp enige plek gebeur. Natuur diskrimineer nie.”

Dit is wel waar dat die natuur nie diskrimineer nie, maar daar is wel deeglik redes waarom sommige mense swaarder getref word – veral díe in derde-wêreld lande.

Sommige van die belangrikste redes hiervoor is

  • daar is nie voldoende beheer oor die gehalte van bouwerk nie sodat geboue groter skade ly met noodlottige gevolge vir die inwoners
  • mense word toegelaat om in gevaargebiede te woon – gebiede onderhewig aan vloede en binne bereik van tsumami’s, naby vulkane, naby onstabiele gebiede onderhewig aan aardbewings.
  • gebrek aan infrastruktuur tov hulpverlening in die geval van natuurrampe, dws. te min hospitale, mediese en para mediese personeel, ambulanse, ens.
  • gebrek aan infrastruktuur om hulp by slagoffers te kry, swak paaie, geen of weinig treindienste, swak toegeruste lughawens, ens.

Lees ook hier: Oxfam

Advertisements

6 Comments

Filed under Uncategorized

6 responses to “Arm mense swaarste getref

  1. natter

    dit laat mens dink… (`n gevaarlikke ding om te doen op `n vrydagaand)

  2. oomjan

    Goeie verduideliking. Jammer dat mense rasionele denke opskort sodra dit hulle pas.

  3. maryke-anne

    Jy praat van beheer en toegelaat? Hoe op dese aarde beheer en laat jy massas en massas mense toe? Die massas besluit en dan volg wat hulle wil doen. As mens hulle probeer reghelp, tree hulle op met massa optredes en plunder sover hulle gaan.As ons aanhou om elke siel op aarde te wil red teen wil en dank sal almal binnekort in dieselfde bootjie wees. Daar is nie genoeg geld om die huidige massas se infrastrukture daar te stel nie en/of te onderhou nie, wat nog te praat van die massas wat daagliks gebore word.In alles moet ‘n mens tog realisties wees!

  4. vuurklip

    Presies, Maryke – jy lê jou vinger op die probleem! Ek weet nie hoe mense uit armoede opgehef moet/kan word nie. Maar dis juis die probleem – weens swak regering, hoofsaaklik as gevolg van die gebrek aan ‘n ordelike, demokratiese bestel, is die nodige beheer afwesig.Hier op die Kaapse Vlakte is daar ook geen beheer is oor waar mense hulle shacks opslaan nie, gevolglik is baie van hulle in die winter onder water.In 1995 het Kobe (Japan) ‘n aardbewing van dieselfde orde as Haïti beleef – daar was 5000 dooies. Kobe is sekerlik nie minder dig bevolk as Port au Prince nie – waar die dodetal al in honderde duisende getel word.Nederland lê grootliks onder seevlak – maar weens hulle kundigheid en beheer oor hulpbronne, het hulle sedert 1953 geen noemenswaardige oorstromings beleef nie – ondanks die IPCC en Al Gore se bangmaakstories oor stygende seevlakke.Jy sê ons moet realisties wees – maar die realiteit is dat armoede mense blootstel en dat in te veel lande daar geen vooruitsig op verbetering is nie.

  5. kerneelsie

    In die geval verstaan ek beide julle stellings. Die rykes wat teen die bulte woon, is in die laaste jare se natuur rampe amper die hardste getref. Tsunami: Huise op die strande is eerste getref. Aardbewings, modderstortings, ens. Dis die duur huise wat hier getref is. Die koerante praat tog dat die huise teen die bult soos kaarthuise inmekaar getuimel het met die onlangse aardbewing. Die brande in Amerika en Australië. Dis die huise teen die bulte en uit op die vlaktes wat die hardste getref is.MAARDaai ryk mense is vinnig weer op beem(Die wat oorleef het). Goeie assuransies bou nuwe huise. Hul geld en aansien sorg dat hulle hulself kan hervestig buite die rampsgebiede. Hulle is dus versorg.Terwyl die armes maar moet bly waar hulle bly. Hulle kan nerens gaan nie. Hulle het nie tyd om te rou nie, want daar moet oorleef word.So ja, aan materialistiese kant word die rykes seker hard getref(Die R10 miljoen huis wat verwoes word teenoor R200 000 huis ondertoe), maar die heropbou en “naskok” is wat die armes arm hou.

  6. vuurklip

    Ja, Kerneels, rykes word natuurlik ook getref – my argument egter is dat dit hoofsaaklik die armes is wat slagoffers word.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s