Media vooroordeel

Die Burger is nie enig in sy soort nie. Global Warming word oral onkrities aangehang. Die Burger is nog so aan die slaap dat hulle skynbaar nog nie van Climategate gehoor het nie, terwyl Scientific American dit probeer wegpraat.

Die Februarie uitgawe het ‘n duidelike voorbeeld hoe ScAm omgaan met kontroversiële onderwerpe.

Ek verwys hier na twee artikels, een getiteld Negating “Climategate” – hierdie sê reeds alles! Die tweede is Lost Giants – ‘n verslag oor die verdwyning van MegaFauna (Mammoete, Sabeltand Tier en ander groot soogdiere) in die Amerikas.

Wat die uitsterf van die megafauna betref, is daar twee skole: een wat vinnige klimaatverandering as die rede aanvoer en een wat die aankoms van die mens daarvoor blameer, die mens sou dan die diere uitgeroei het. Laasgenoemde is uiters ongewild onder sekere sosiologiese ideoloë wat glo aan die Noble Savage wat in totale harmonie lewe met die omgewing. Albei hierdie denkrigtings word in die stuk aangehaal en kry gelyke behandeling. Tot op datum kan daar waarkynlik geen definitiewe antwoord gegee word nie, en die artikel is onpartydig en rapporteer bloot onlange navorsing.

In die Negating stuk (deur David Biello), handhaaf die tydskrif ‘n heel ander houding. Die Climategate tusen aanhalingstekens gee reeds die toon aan. Climategate is ‘n vulletjie:

the weight of that evidence [the huge body of of data pointing to humanity’s effect on climate] seems to have crushed any doubt they may have felt in the wake of the 1000 plus e-mails and computer code stolen from the … CRU

En wie haal Biello aan? Niemand anders as Michael Mann (hy van die gediskrediteerde Hockeystick-grafiek en van die nou al berugte Nature Trick to hide the decline), Dr Raj Pachauri (Hoof van die IPCC met die botsende belange wat miljoene dollars inbring danksy die warming bangmaak stories). Daar is ook ander wat aangehaal word, soos Gavin A Schmidt war ook gereeld op ‘n pro-warming webwerf Climategate probeer afmaak. Geen kommentaar van die belangrikste skeptici word aangehaal nie.

Dis ‘n ongebalanseerde en eensydige berig en ScAm doen homself skade aan.

Advertisements

1 Comment

Filed under Uncategorized

One response to “Media vooroordeel

  1. Neander

    Goeie insig hier.Ek wil net iets sê oor die megafauna uitsterwing, eintlik mammoete. Daar was ‘n hele paar spesies in Asië en Amerika, tot so laag as Meksiko. Ek dink dis onwaarskynlik dat al die mammoete in so ‘n groot gebied net deur mense uitgeroei is. Klimaat moes ook ‘n rol gespeel het.’n Klein spesie het selfs tot onlangs oorleef op een van die Alaska eilande. Ek weet ScAm is nie altyd konsekwent nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s