Monthly Archives: February 2010

Uiteindelik – Die Burger kom by!

Saterdag het daar ‘n artikel oor klimaatverandering Die Burger verskyn.

“Is ons ore aangesit?” deur Leopold Scholtz.

Hy gee daarin ‘n oorsig van die jongste onwikkelinge op die skeptiese front sedert November 2009 toe die Climate Gate-skandaal oopgevlek is.

Ongelukkig behandel hy nie die implikasies van die hele debakel nie.

Die belangrikste hiervan is dat groot geld (miljarde) op CO2 vermindering vermors word sonder dat dit noemenswaardige resultate sal lewer. Hierdie beleidsbesluite van regerings is direk as gevolg van die invloed van die IPCC se oordrewe en foutiewe interpretasie van klimaatverandering – interpretasies in talle gevalle gebaseer op die WWF se onwetenskaplike publikasies.

‘n Belangrike leemte in die IPCC se benadering (en die van talle klimaat-wetenskaplikes) is die gebrek aan historiese perspektief. Hierdie gebrek is nie slegs die University of East Anglia se verdoeseling van die Middeleeuse Warm Periode nie, maar die totale ignorering van die aarde se klimaat oor miljoene jare. ‘n Volgende blog sal in meer detail hieroor berig.

Ons regering hef nou al belasting ekstra op motorvoertuie (of beoog sodanige belasting).

Ook in dieselfde uitgawe van Die Burger, op die Sakeblad, word berig dat die WWF nou by die Wêreldbank konkel om ‘n lening aan Eskom te saboteer – tensy die lening gebruik word om in hernieubare energieprojekte te belê. As Eskom nie die lening kry nie, gaan ons nóg meer vir krag betaal. Eskom kan nog ‘n lening afbetaal, maar as hulle die kragprys eers opgesit het, betaal ons daaraan vir die res van ons lewens.

Advertisements

3 Comments

Filed under Uncategorized

Termodinamika: Die Tweede Wet

Een van die implikasies van die Tweede Wet is dat die temperatuur van alle objekte in ons Heelal, uiteindelik dieselfde sal wees, dws naby die absolute nul: -273 grade C.

Ons Son sal itv die tweede wet dus uiteindelik uitbrand en al sy energie in die ruimte uitstort. Maar terwyl die Son sy energie uitstraal, staan die Aarde tussen die Son en die ruimte, en vang so ‘n miniskule deeltjie van die Son se energie op, en vertraag sodoende die verlies van die Son se energie op klein skaal.

Alle lewe op Aarde, onderskep so ook ‘n deel van die Son se energie, hou dit vir ‘n wyle gevange, maar met die dood van lewende wesens, word die Son se energie oplaas tóg weer opgegee: Stof tot stof!

‘n Meedoënlose, onkeerbare en onomkeerbare verloop.

Vandaar die volgende gediggie:

Entropie

 

in elke lewe word

vir baie kort

die tweede wet

opgeskort

 

teen daardie wet

is niks bestand:

geen lewenswil

en geen gebed.

 

vuurklip

 

 

2 Comments

Filed under Uncategorized

Charon

 

Charon

 

hoe sal mý uitvaart wees

wie se trane sal my begelei

die grond sagmaak en voorberei?

 

my vrymaak van die donkervrees

my vashou en verwarm

’n laaste keer omarm

 

’n laaste aandmaal met my deel

’n schubert cd vir my speel

 

en wie sal nog my verse lees?

 

                                     vuurklip

                                     6 april 2004

                                     “The invasion of the barbarians

1 Comment

Filed under Uncategorized

Woordeboek gesoek!

Kom ons hou kerkbasaar om vir Die Burger ‘n woordeboek te koop.

Op vandag se voorblad lees ons van ‘n man wat langs Platteklip-rafyn (sic) gesterf het.

Kyk hier

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Die hotelbrak

In gister se BY beskryf Dana Snyman die basterbrak van Vissiesbaai se hotel:

En links van die (kroeg)deur het die hotel se basterbrak, Kolle, gelê, soos ‘n vraagteken agter ‘n vraag wat ‘n verdrietige antwoord het.

Lees die storie.

2 Comments

Filed under Uncategorized

Die (groen) wet van Transvaal

Die Groen Wet skop nou in.

Vandag in Die Burger

Van nou af betaal jy ekstra as jy ‘n nuwe motor koop – hoe groter die CO2 voetspoor, hoe meer betaal jy!

En wat gaan die Regering met jou belastinggeld maak?

Your guess is as good/bad as mine.

Meer parties, groter karre?

1 Comment

Filed under Uncategorized

Heel Dargon = Hell Dragon?

Het sy in Suid Afrika skoolgegaan?

2 Comments

Filed under Uncategorized

Litnet: Oneerlikheid oor die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans

Hier volg ‘n aanhaling uit ‘n artikel van van Jason Lloyd op Litnet

Die joernalis Leopold Scholtz het onlangs in sy rubriek geskryf: “Afrikaans behoort nie net aan die Afrikaners nie; dit behoort aan almal wat die taal praat.” As in ag geneem word dat bruines aan die Afrikaanse taal sy eerste beslag gegee het, dan moet Scholtz se sin soos volg lees: “Afrikaans behoort nie net aan die bruines nie; dit behoort aan almal wat die taal praat.” Dit is dié oneerlikheid by sommige wittes oor die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans wat bruines skepties maak om betrokke te raak by die “taaldebat” by die Universiteit van Stellenbosch. Sulke oneerlikheid versterk onderlinge wantroue tussen wit en bruin.

Lees meer hier

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Wie?

Wie se wiskundevraestel antwoord is dit dié?

Wenk: Hy (of sy maters) het sy/hulle agterstewe(s) gewys op ‘n Youth League konferensie.

2 Comments

Filed under Uncategorized

Yes! We have no bananas!

Wel ons is nie almal sonder die banana nie.

Onse veelwywer met die baie girlfriends en verloofdes en kinders gee ‘n hele nuwe betekenis aan die etiket Banana Republic.

Leave a comment

Filed under Uncategorized