Termodinamika: Die Tweede Wet

Een van die implikasies van die Tweede Wet is dat die temperatuur van alle objekte in ons Heelal, uiteindelik dieselfde sal wees, dws naby die absolute nul: -273 grade C.

Ons Son sal itv die tweede wet dus uiteindelik uitbrand en al sy energie in die ruimte uitstort. Maar terwyl die Son sy energie uitstraal, staan die Aarde tussen die Son en die ruimte, en vang so ‘n miniskule deeltjie van die Son se energie op, en vertraag sodoende die verlies van die Son se energie op klein skaal.

Alle lewe op Aarde, onderskep so ook ‘n deel van die Son se energie, hou dit vir ‘n wyle gevange, maar met die dood van lewende wesens, word die Son se energie oplaas tóg weer opgegee: Stof tot stof!

‘n Meedoënlose, onkeerbare en onomkeerbare verloop.

Vandaar die volgende gediggie:

Entropie

 

in elke lewe word

vir baie kort

die tweede wet

opgeskort

 

teen daardie wet

is niks bestand:

geen lewenswil

en geen gebed.

 

vuurklip

 

 

Advertisements

2 Comments

Filed under Uncategorized

2 responses to “Termodinamika: Die Tweede Wet

  1. vuurklip

    Inderdaad, maar die Son straal sy energie uit in die ruimte en sal uiteindelik ekwilibrium met die ruimte bereik, en daarna vind geen verdere energie oordrag plaas nie, en is alle lewe onmoontlik.En dit is ook die bestemming van die Heelal (Volgens een siening – daar is ander soos bv ‘n polsende Heelal)

  2. lisabeth

    Jou pas “ontdek” en lekker gelees tot hier!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s