Uiteindelik – Die Burger kom by!

Saterdag het daar ‘n artikel oor klimaatverandering Die Burger verskyn.

“Is ons ore aangesit?” deur Leopold Scholtz.

Hy gee daarin ‘n oorsig van die jongste onwikkelinge op die skeptiese front sedert November 2009 toe die Climate Gate-skandaal oopgevlek is.

Ongelukkig behandel hy nie die implikasies van die hele debakel nie.

Die belangrikste hiervan is dat groot geld (miljarde) op CO2 vermindering vermors word sonder dat dit noemenswaardige resultate sal lewer. Hierdie beleidsbesluite van regerings is direk as gevolg van die invloed van die IPCC se oordrewe en foutiewe interpretasie van klimaatverandering – interpretasies in talle gevalle gebaseer op die WWF se onwetenskaplike publikasies.

‘n Belangrike leemte in die IPCC se benadering (en die van talle klimaat-wetenskaplikes) is die gebrek aan historiese perspektief. Hierdie gebrek is nie slegs die University of East Anglia se verdoeseling van die Middeleeuse Warm Periode nie, maar die totale ignorering van die aarde se klimaat oor miljoene jare. ‘n Volgende blog sal in meer detail hieroor berig.

Ons regering hef nou al belasting ekstra op motorvoertuie (of beoog sodanige belasting).

Ook in dieselfde uitgawe van Die Burger, op die Sakeblad, word berig dat die WWF nou by die Wêreldbank konkel om ‘n lening aan Eskom te saboteer – tensy die lening gebruik word om in hernieubare energieprojekte te belê. As Eskom nie die lening kry nie, gaan ons nóg meer vir krag betaal. Eskom kan nog ‘n lening afbetaal, maar as hulle die kragprys eers opgesit het, betaal ons daaraan vir die res van ons lewens.

Advertisements

3 Comments

Filed under Uncategorized

3 responses to “Uiteindelik – Die Burger kom by!

  1. maryke-anne

    Jong, ek dink hulle uitgangspunt is … solank diere kan bly voortleef, kan die mensdom maar vergaan.En voor ek gestening word, ek glo diere het regte, en dat hierdie bewegings baie goeie werk doen. Maar ek dink hulle krap nou waar dit nie jeuk nie.

  2. monicahaddad

    Wat besig is om te gebeur, sal die Wetenskap 50jaar vat om te probeer bewys en te verstaan, dis gewoon te laat om jou besluite op die wetenskap te baseer……

  3. vuurklip

    Ja, klimaat is kompleks en daar is invloedryke en arrogante mense wat beweer dat hulle dit verstaan en voorspellings kan maak oor wat die klimaat oor 100 jaar gaan wees. Gelukkig is hulle in die minderheid, ongelukkig is hulle die raserigste met die meeste geld.Maar, ons het net die wetenskap om ons besluite op te baseer. So onvolmaak as wat dit is, het ons niks beters nie. Godsdiens is slegs op heel beperkte gebied van nut en in sy geheel gesien, eintlik gevaarlik.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s