Monthly Archives: March 2010

O Kus Mij

 

o kus mij, o omarm mij

ik heb lang in de regen gestaan

ik heb lang op de bus gewacht

ik heb geen taxi kunnen krijgen

ik heb lang wakker gelegen

ik heb ontzettend gedroomd

ik heb niets gegeten

ik heb gestolen

 

o kus mij, o omarm mij

ik ben de witte slanke jongen

ik ben degene die droomde

ik ben de schim in de regen

ik ben de danser, de dirigent

ik ben de man bij het avondrood

ik ben het lichaam

ik ben de enige

 

Hans Lodeizen

Uit Een titelloze cyclus

 

Luister op vuurklip met iTunes of QuickTime Player

Advertisements

6 Comments

Filed under Uncategorized

Geskiedenis Dislekias

Wie onthou nog?

Naas Das en Haas Botha?

5 Comments

Filed under Uncategorized

Alle paaie …

          Alle paaie lei na Amersfoort


Ons ry gereëld
Van Ermelo na Bethal,
Suster na suster
Swaar na swaer.

Ons ontwyk telkens
Elke afdraai na Amersfoort.

Snags weer terug
Van Bethal na Ermelo,
Met die sterre hoog
En deur die spook-dip:

“As jy daar stilhou,
Sal die kar nie weer start nie!”

Steeds ontwyk ons
Elke afdraai na Amersfoort.

Tot eendag.

 

vuurklip

29 Maart 2010

6 Comments

Filed under Uncategorized

Raaisel II

Het dalk nie goed gekyk nie, maar kon hierdie rooi blom nie in my Maytham Kidd opspoor nie.

Hulle was nogal volop in Februarie/Maart vanjaar.

4 Comments

Filed under Uncategorized

Raaisel

Ons woon nou al vier jaar hier agter die Muesli-gordyn.

Daar is net ‘n enkelspoor tussen Vishoek en Simonstad. Kort na ons hier ingetrek het, het Transnet begin om beton dwarslêers langs die spoor af te laai – duidelik om die ou hout dwarslêers te vervang.

Na vier jaar lê die goed steeds hier. Intussen het ‘n deel van die spoor naby Simonstad weggespoel en loop die treine sedert laas Desember nie meer nie.

Wonderlike beplanning om miljoene Rande se toerusting net so te laat lê.

Die dwarslêers is links langs die spoor op die foto. In die agtergrond is Simonstad.

4 Comments

Filed under Uncategorized

Rowers in Amsterdam!

AMSTERDAM – De politie, gemeente en het Openbaar Ministerie (OM) in Amsterdam hebben woensdag een hele reeks maatregelen aangekondigd om de toename van het aantal overvallen terug te dringen. Zwaardere straffen, meer toezicht op plekken waar vermeende daders samenkomen of waar veel overvallen plaatsvinden en extra veiligheidsmaatregelen zijn enkele punten die in het plan van aanpak staan.

Het Parool

2 Comments

Filed under Uncategorized

Mad Scientists

Die oorsake van klimaatverandering is nog grootliks onbekend!

Terwyl die IPCC op korttermyntendense fokus, word die historiese perspektief geïgnoreer.

Skommelings tussen ystydperke en warm tussenperiodes kom sedert die ontstaaan van die aarde voor, en alhoewel daar verskeie geloofwaardige hipoteses vir die oorsake daarvan bestaan, is alle faktore nog lank nie bekend nie. Meer hier.

Daar is nou in verskeie oorde oproepe om die klimaat te “beheer” deur sg. geoengineering projekte.

In die afwesigheid van voldoende kennis tov die oorsake van klimaat skommeling, is die suiwer gekheid om enige van die projekte aan te pak.

As dit huidig onmoontlik is (gaan dit volgende Woensdag reën?) om die weer vir meer as enkele dae te voorspel, hoe op aarde(!) kan mense dink dat hulle die gevolge van geoengineering projekte kan voorspel?

Een van die projekte is om die see op groot skaal met yster te “fertilise” met die verwagting dat die plankton sodanig sal  aanwas dat dit CO2 uit die atmosfeer sal onttrek en wanneer die plankton afsterf, sink dit af na die bodem waar die CO2 dan “gesekwestreer” is.

“We have virtually no knowledge of how they [large-scale commercial enrichments] will impact natural marine ecosystems in the long-term,” said coauthor William Cochlan, at San Francisco State University.

Hierdie is nie die enigste skema wat ernstig oorweeg word nie.

Die hubris en arrogansie van hierdie pogings is verstommend.

Lees meer by Climate Ark en kyk ook na die skakels vir sommige ander projekte wat onder aan die artikel verskyn.

1 Comment

Filed under Uncategorized

‘n Fan van ‘n Fan!

Oubaas, dis WARM innie Kaap: Die kraaie gaap.

Nou lê ek maar voor die fên …

11 Comments

Filed under Uncategorized

Uit die lug geval!

Hierdie vliegie het op my keyboard geval …

Die vlerkspan is maar 2 cm.

Die foto gee net ‘n idee van die mooi kleurskakerings wat verander namate jy die hoek verander waaruit jy kyk – soos ‘n hologram.

2 Comments

Filed under Uncategorized

Wees Bang, Baie Bang – maar nie nou al nie.

Gliese 710

Volgens ‘n Russiese sterrekundige is daar ‘n ster op pad na ons Sonnestelsel en daar is ‘n 86% kans dat dit die Sonnestelsel sal binnedring.

Maar, voorlopig kan ons rustig slaap – die gebeurtenis word eers oor meer as ‘n miljoen jaar verwag.

As dit wel sou gebeur, is daar ‘n kans dat die Oort-wolk ontwrig sal word en dat daar weer ‘n Groot Bombardement sal plaasvind.

Lees meer by Watts Up With That

3 Comments

Filed under Uncategorized