The Big Picture: Klimaat oor die Afgelope 65 Miljoen Jaar.

Hierdie blog is gebaseer op die werk van David Lappi, ‘n geoloog van Alaska. Sy data waarop die grafieke gebaseer is, is verkry uit boorwerk in die diepsee en die yslae van Groenland en Antarktika, waaruit mbv suurstof isotope, heersende temperatuur uit vergange tydperke afgelei kan word.

Hierdie metode om temperatuur van vorige tydperke te bepaal is eenduidig, dws die verhouding waarin sekere isotope van suurstof voorkom die lae sediment van die diepsee, weerspieël temperatuur met redelike mate van akkuraatheid.

In  teenstalling hiermee, maak die IPCC gebruik van die Universiteit van East Anglia se boomring metode. Om boomringe te gebuik is ‘n kontroversiële metode aangesien boomringe deur talle faktore buiten temperatuur bepaal word, en om enigsins sinvolle afleidings te maak ten opsigte van temperatuur is dit nodig om te kompenseer vir ander faktore soos hoogte bo seespieël, reënval, posisie ten opsigte van ander bome in die woud, ouderdom van die boom, ens. Aangesien talle van hierdie faktore onbekend is, kan die temperatuur moeilik presies bepaal word. Hierdie probleme hat dan ook gelei tot die berugte “Mike’s nature trick … to hide the decline” (American Thinker). Een van die grootste tekotkominge van die IPCC se verslae is dat daar slegs na die huidige verwarming gekyk word terwyl die historiese perspektief buite rekening gelaat word.

Kyk na die onderstaande grafiek, dit weergee die afgelope 65 Miljoen jaar se temperatuur. Die grafiek self bevat alle nodige inligting, maat let wel, die temperatuur word gegee deut Delta t, dws die afwyking van temperatuurlesings vanaf ‘n sekere waarde. Die presiese waarde is van minder belang. Die afwyking toon duidelik dat die huidige klimaat heelwat koeler is as die gedurende enige ander tydperk gedurende die agelope 65 M jaar! Die huidige tydperk is die klein deeltjie heel regs.

Goed, kom ons kyk nou in meer detail na die afgelope 5 miljoen jaar. Jy kan sien dat daar hewige skommeling is sedert die afgelope 3M jaar met meer as 30 ystydperke in daardie tyd. Die dalende tendens is onmiskenbaar. (Die grafiek is gebaseer op werk van Lisiecki en Raymo, 2005)

Ons kan nog verder inzoem en kyk na die afgelope 10 duisend jaar. Hier sien ons duidelik die Minoaanse-, Die Romeinse- en die Middeleuse-Warm Periodes, asook die sg. Klein Ystydperk. Die klein stukkie rooi in die grafiek heel regs is die huidige (mindere) verwarming – weereens is die dalende tendens duidelik sigbaar. (Die data vir hierdie grafiek is hier: NOAA Paleoclimatology)

Lees die artikel hier: JoNova

Die grafieke is die werk van Robert A. Rohde/Global Warming Art

Advertisements

2 Comments

Filed under Uncategorized

2 responses to “The Big Picture: Klimaat oor die Afgelope 65 Miljoen Jaar.

  1. loudavisi

    Sjoe, dis slim!

  2. Liquidgloves

    Love your blog and will come and visit it as often as possible. Well done!!Rene

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s