Windplase en Roofvoëls

Windturbines om krag op te wek klink so omgewingsvriendelik, maar …

Dit blyk dat dit minder eko-vriendelik is vir veral roofvoëls. Baie windplase word teen heuwels of rante opgerig juis omdat daar winde by sulke plekke deur opwelling gegenereer word.

Nou is dit ongelukkig so dat dieselfde plekke vir roofvoëls aantreklik is en om dieselfde redes.

Die gevolg is dat talle van die roofvoëls deur die windturbines, wat dikwels teen hoë spoed draai,  ingetrek word met noodlottige gevolge vir die voëls.

Hier is derduisende voël sterftes ter sprake – dikwels van bedreigde spesies.

Wat die situasie vererger, is die stilte wat hieroor in die media gehandhaaf word – waarskynlik om dieselfde redes waarom enige kritiek op die “konsensus” oos aardverwarming met mag en mening afgeweer word.

Meer nog, die dierebeskermingsverenigings wat iets hieromtrent moet doen, of ten minste iets daaroor moet sê, swyg soos die graf – en waarom? Daar word groot “donasies” gemaak deur die kommersiële organisasies wat voordeel trek uit die ontwikkeling van windplase.

Lees die artikel deur Cristopher Booker van The Telegraph

Advertisements

6 Comments

Filed under Uncategorized

6 responses to “Windplase en Roofvoëls

  1. DallaSePa

    Naand Oom.

  2. vuurklip

    Naand, Boetman – is jy nog nie in die bed nie – of soek jy nog stoute prentjies om te blog?

  3. DallaSePa

    Nee nee … ek dwaal nog hier rond. Sorry oor die prente Oom. Sal nie vandag weer nie.

  4. vuurklip

    Toemaar, in die haak, die Oom het nie gekla nie – jy mag maar …

  5. DallaSePa

    Ek weet ek weet … :-))Wag net tot ek genoeg moed het om vir die …Laaities en die Ooms en die Oupas ietsie te plaas.

  6. HeavyHenry

    Ek het iewers gelees dat die voels nie die ergste getref word nie, maar wel die vlermuise – die kleiner voeltjies kan blykbaar ‘n “close encounter” oorleef, maar die vlermuise kief elke keer. Daai een op jou foto is ‘n groter voel – lyk my hulle is ook meer “at risk”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s