Alle paaie …

          Alle paaie lei na Amersfoort


Ons ry gereëld
Van Ermelo na Bethal,
Suster na suster
Swaar na swaer.

Ons ontwyk telkens
Elke afdraai na Amersfoort.

Snags weer terug
Van Bethal na Ermelo,
Met die sterre hoog
En deur die spook-dip:

“As jy daar stilhou,
Sal die kar nie weer start nie!”

Steeds ontwyk ons
Elke afdraai na Amersfoort.

Tot eendag.

 

vuurklip

29 Maart 2010

Advertisements

6 Comments

Filed under Uncategorized

6 responses to “Alle paaie …

  1. eiewys-gekkigheid

    Ja nee klink vir my ook of daar ‘n spook daar iewers wag…Mooi gedig.

  2. ludwig.heuer

    Ek is ook nou lekker nuuskierig. Ek sien elke dag twee stofpad afdraaie na Amersfoort as ek Standerton toe gaan. Ag toe vertel meer …

  3. vuurklip

    Die gedig moet as metafoor gelees word, met verskillende vlakke van interpretasie. Meer kan ek nie sê nie.”Er staat niet wat er staat”

  4. katrina

    Hmm, mens wonder inderdaad. Ken Ermelo en daai wereld goed – het sewe jaar lank daar gebly! Amersfoort? Doodonskuldige ou plekkie, behalwe natuurlik oor wat daar vir jou, as digter, skuil. Iemand wat jy nie wil sien nie of liewer nie moet sien nie? En ek hou ook van “swaar na swaer” (jy laaik hom nie, of hoe? )

  5. vuurklip

    As kinders het ons dikwels saam met ma en pa by ma se suster in Bethal gaan kuier. Ek herinner my dat daar talle uitdraai paaie was na Amersfoort – maar ons was altyd op pad tussen Ermelo en Bethal – en het gevolglik nooit op Amersfoort beland nie.En, ja, die swaers was nie groot vriende nie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s