Volcanic ash closes UK airports

Hier is ‘n voorbeeld waarom ons nooit – of ten minste vir die voorsienbare toekoms – óf die weer, óf die aandelebeurs, óf klimaatverandering behoorlik sal kan voorspel nie.

Daar is net te veel veranderlikes waaroor ons géén beheer het nie en waarvan ons te min weet om hulle gedrag en of invloed te voorspel. Die meeste veranderlikes is boonop onbekend.

Ons kan nie eens die presiese lengte van die dag bepaal of voorspel nie – die probleem is te ingewikkeld en ons kennis van die detail is te onvolledig. Ons kan dit wel meet, maar nie die verandering voorspel nie. Selfs die onlangse aardbewing in Chile het die lengte van die dag geaffekteer.

Die dag wat iemand die gedrag van die die aandelebeurs akkuraat kan voorspel, sal ek begin glo dat die klimaat ook voorspel kan word.

Die enigste rasionele optrede is om voorbereid te wees en by verandering aan te pas en om hulpbronne nie te vermors nie, gebruik ja, maar nie vermors nie.  

Ons kan nie die lengte van die dag verander nie, ons kan nie die aandelebeurs se gedrag beheer nie, ons kan nie die weer beheer nie, ons kan nie klimaat beheer nie, ons kan nie natuurkragte beheer nie.

Ons moet ons self beheer!

Die vulkaniese as storie is by The Telegraph

6 Comments

Filed under Uncategorized

6 responses to “Volcanic ash closes UK airports

  1. vuurklip

    Maar jy’s ‘n vinnage modderjie!

  2. jr_hewing

    ja. the more we know, the more we realise that we don’t know…is daar olie?

  3. vuurklip

    Weet nie …Hehe

  4. VozSola

    ja-nee……ons het ook nie additional besigheid verwag omdat toergroepe nie kan terug vlieg Europe toe nie…Ons kla dus nie te hard daaroor nie…

  5. HeavyHenry

    Wonder hoelank Europese lughawens gaan toe wees – kan straks die hele wereldbeker ‘n grap maak…

  6. skaawagter

    So waar sowaar

Leave a reply to HeavyHenry Cancel reply