Skoenmaker nie by sy lees!

In die Cape Times van 15 April. is daar ‘n lesersbrief deur Biskop Geoff Davies namens die Southern African Faith Communities’ Environment Institute (SAFCEI) Nogal ‘n bekvol nè?)

Die brief gaan oor die Wêreldbank se laning aan Eskom vir onder meer die bou van die Medupi kragsentrale en is so vol wanopvattings dat dit nog 5 blogs sal neem om almal te bespreek. Ek hou dus maar by net een van sy argumente.

SAFCEI wil hê dat daar eerder op hernubare energie soos son- en windkrag gekonsentreer word.

Daar is talle probleme hiermee:

Snags skyn die son nie – en ook nie elke dag nie. Die wind waai ook nie elke dag nie (behalwe hier by ons!). Nietemin, het ons elke dag krag nodig – daar is dus ‘n behoefte aan kapasiteit om in te skop wanneer wind en son  nie saamwerk nie. Terwyl die wind waai en die son skyn, sal ons steenkool bespaar, maar andersins, sal die Medupi’s en Koebergs moet instaan.

Gevolglik sál en móét Medupi gebou word. Om nou nog benewens hierdie onkoste vir duur alternatiewe by te voeg vir son en wind maak net nie sin nie. Nie terwyl ons oor groot steenkool reserwes beskik nie.

Verder beweer die goeie biskop dat “One year solar reserves in South Africa is equivalent to 20 years of coal”. Huh? Kan hy sê hoe ons ‘n jaar se sonkrag kan opvang, stoor en oor 20 jaar verspreid beskikbaar stel? Ek kry nie die kloutjie by die oor nie.

Die hele betoog klink soos ‘n propagandastuk van die WWF.

Dalk moet SAFCEI liewer ‘n biddag (of -dae) hou en sommer vir Oom Angus bysleep. O. ja, moenie Rhema vergeet nie.

Advertisements

7 Comments

Filed under Uncategorized

7 responses to “Skoenmaker nie by sy lees!

  1. HeavyHenry

    “Gevolglik sál en móét Medupi gebou word. Om nou nog benewens hierdie onkoste vir duur alternatiewe by te voeg vir son en wind maak net nie sin nie. Nie terwyl ons oor groot steenkool reserwes beskik nie.”Net omdat ons die goed het, beteken nie dat ons dit moet verbrand nie – is baie beter om dit in SASOL tipe aanlegte te omvorm in ander chemikaliee, en die fossiel koolstof uit die atmosfeer te hou. Dit is ook die doel vannie hernubare kapasiteit. Elke ton steenkool wat ons nie hoef te verbrand nie, is ‘n goeie ding.Ons hoort liewer nog tien Koebergs te bou – ons het die uraan ook.Maar ja – as mens nie weet vaarvan jy praat, soos hierdie ou nie, issit beter jy bly stil. Snaaks, Speursersant het onlangs ook gekla oor ouens wat praat as hulle min weet. Moet jagseisoen op idiote wees, of iets.:-)

  2. eiewys-gekkigheid

    Vuurtjie hier het ek iets om te sê:As Eskom nie daardie lening gekry het nie sou ons maatskappy miljoene rande verloor het. En dit sou natuurlik grootliks lei tot die afskaal van werknemers by ons. Die biskop moet eers sy feite behoorlik agter mekaar kry voor hy sulke beweerings maak!

  3. vuurklip

    Ek sê mos jy’s te slim vir een.Net slim mense stem met my saam – en hier’s nou sommer twee!

  4. vuurklip

    Eggsackly!

  5. vuurklip

    Om Koeberg te bou as ons goedkoper bronne het, is ‘n vermorsing.Die mens se bydrae tot die CO2 siklus is miniskuul, veel minder as die van die see en land – boonop is CO2 nie ‘n besoedeling nie.Meer SASOL’s is ‘n strategiese beleid om ons minder afhanklik te maak van ingevoerde brandstof en/of chemikalië – dit mag ook ekonomiese sin maak, ek sal nie weet nie!

  6. HeavyHenry

    Ek wonder hoe die regte kostes vergelyk – oor die leeftyd vannie aanleg – tussen kool en uraan. Dit voel vir my verkeerd om ons erfenis te verbrand – daai goed gaan skaarser word as hoendertande, as mense so aanhou broei.

  7. vuurklip

    Solank dit daar is, moet ons dit gebruik, net nie misbruik nie!Wie weet hoe die wêreld oor 100jaar sal uitsien? Teen daardie tyd kan ons dalk al ons energie uit water kry en het ons nie meer steenkool nodig nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s