oor Wolwe en Skaapwagters

Jy is seker al moeg vir die alewige gehamer oor Aardverwarming. Hou dan maar verby.

Die issue is veral van belang omdat dit aan ons sakke gaan ruk – regerings is onder druk om maatreëls te tref wat hoegenaamd geen verskil gaan maak aan die aarde se klimaat nie – dat gaan net ‘n verskil maak aan ons sakke. En dis nie die ergste nie. Die fondse wat so op nuttelose projekte vermors word, is dan nie meer beskikbaar om die agtergeblewe deel van ons bevolking op te hef nie.

Die Britse regering het net in 2008 reeds $50 biljoen aan subsidies uitbetaal! Hierdie raak ons direk – geld wat van die Britse belastingbetaler “ge-oes” word, is nou nie meer beskikbaar om produkte van o.a. die Derde Wêreld aan te koop nie – dit affekteer natuurlik ons uitvoere en dus ook ons groeikoers en ekonomie. Neem nou verder in ag dat talle ander regerings subsidies op soortgelyke skaal uitbetaal. Reken maar uit hoe dit die Wêreld-ekonomie kniehalter.

Die enigste bedreiging wat groter is (vir ons in ZA) as die wanopvatting oor klimaat, is ons koers op ‘n vinnige en gladde glybaan na Zanufikasie – aka die ZA trein op koers na die Zimbabwe Ruïnes. Maar hierdie saak kry darem nog aandag in die hoofstroom media – anders as die klimaat issue.

Oor die volgende sal jy niks in Die Burger te lese kry nie.

In vorige blogs het ek die botsende belange van Pachauri (Hoof van die IPCC) en Al Gore (wat sedert hy Vice(!) President was, sy vermoë van $2milj opgestoot het na $100milj – danksy die movie en ander klimaat-verwante belange).

Ook het ek geskryf oor Climategate – die emails en ander data van die UEA (University of East Anglia) se wetenskaplikes wat hulle korruptering van die wetenskap blootlê.

Hier is die volgende Wolf-storie:

Die UEA het ‘n ondersoek gelas na sy wetenskaplikes se optrede. Die ondersoek is gelei deur Lord Oxburgh – voorsitter van Falck Renewables – ja, ‘n maatskappy wat windplase oprig. Dit sal vir hom en sy maatskappy ernstige probleme oplewer sou hulle bevind dat die wetenskaplikes oneervol opgetree het. Dink jy dat die Good Lord onafhanklik kan wees, dat hy teen die wetenskaplikes sou bevind? Natuurlik nie, en dis presies wat dan ook gebeur het.

En dis nie al nie. Falck se sustermaatskappy in Italië is betrek by talle korrupsie-skandale en waarby o.a. die Mafia betrokke is.

Lees die Falck storie.

Advertisements

3 Comments

Filed under Uncategorized

3 responses to “oor Wolwe en Skaapwagters

  1. DallaSePa

    Naand Oom!

  2. vuurklip

    Jááá, BoetMa’ jy’s nog laat wakker?

  3. loudavisi

    Sien jy?So braai almal se vetjies uit!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s