Bewussyn en Vrye Wil I

[Deel I] – [Deel II]

Bewussyn en Vrye Wil I

Hierdie is die eerste stadium in ‘n ontekkingsreis na ‘n eindpunt: Is daar iets soos “Vrye Wil” en beskik ons daaroor? Dis onseker of ek daardie eindpunt gaan bereik – dalk begeef my moed my ná hierdie eerste stadium! Op hierdie reis begin ek by “Bewussyn”.

Wat is “Bewussyn”, het ons dit, en indien wel, tot welke mate?

In die literatuur is daar talle definisies (bv Wikipedia http://en.wikipedia.org/wiki/Consciousness),

‘n aanduiding dat dit ‘n komplekse begrip is waaroor daar geen eenstemmigheid bestaan nie.
Ek beperk my dus by slegs een eenvoudige begrip wat ek as volg definiëer:

“Bewussyn” is die bewus wees van een of meer elemente van die omgewing waar die “omgewing” die wese wat die bewussyn vertoon, kan insluit.

 

Hiervolgens dek die term “bewussyn” dus ‘n hele kontinue spektrum: vanaf die bewus wees van slegs een element uit die omgewing, tot by die Mens se bewus wees van meervoudige elemente uit die omgewing sowel as die bewus wees van die self én die bewus wees dat ons bewussyn het!

Ek maak (dink ek) slegs een aanname: bewussyn in al sy manifestasies in alles en almal wat ‘n bewussyn vertoon, is die alleenlike gevolg van fisiese en chemiese prosesse van die bewuste wese. Geen esoteriese-, bonatuurlike kragte of invloede kom ter sprake nie.

 

Verskeie vlakke van Bewussyn om die spektrum te illusteer:

  • Vlak 1
    Die laagste vlak is moontlik die bewus wees van een enkele element van die omgewing, bv temperatuur. Volgens my definisie van bewussyn, is ‘n termostaat ‘n voorbeeld van ‘n stelsel wat so ‘n eenvoudige bewus wees illustreer. ‘n Termostaat is “bewus” van die temperatuur van die omgewing en reageer op ‘n eenvoudige manier op verandering van temperatuur. Lewe is nie ‘n voorvereiste vir so ‘n eenvoudige bewus wees nie.
  • Vlak 2
    ‘n Volgende vlak behels die bewus wees van een of meer elemente van die omgewing, sowel as ‘n eenvoudige bewustheid van die self sodanig dat daar bloot ‘n onderskeid gamaak word tussen “self” en die omgewing. Talle eensellige organismes vertoon hierdie vlak van bewussyn. Hulle reageer op een of meer stimuli van die omgewing soos lig, temperatuur, teenwoordigheid en gradiënt van konsentrasie van chemikalieë, ens.
  • Vlak 3
    Op hierdie vlak is daar bewustheid van meer as bloot die eenvoudige stimuli soos temperatuur, maar is daar ook bewustheid van soortgelyke sowel as andersoortige organismes. Die topografie van die omgewing is dikwels deel van dit waarvan die organisme bewus is. Talle insekte en gewerwelde diere deel hierdie vlak van bewussyn.
  • Vlak 4
    Hier kry ons te doen met ‘n bewustheid van die self en benewens dit, ook die bewustheid dat die self bewus is van die bewustheid van die self! Sover bekend, is dit slegs Homo Sapiens Sapiens wat hierdie vlak manifesteer.

[Deel I] – [Deel II]

Advertisements

16 Comments

Filed under Uncategorized

16 responses to “Bewussyn en Vrye Wil I

  1. Neander

    Jip, ek stem saam met jou definisies.Ook, slegs die mens het ‘n vrye wil. Geen dier kan vandag kies of hy Loftus of Orlando toe wil gaan. Slegs die mens met behulp van die neokorteks.

  2. DallaSePa

    “Is daar iets soos “Vrye Wil”” … nog nooit so raaraan gedink nie – goeie vraag!

  3. HeavyHenry

    “Sover bekend, is dit slegs Homo Sapiens Sapiens wat hierdie vlak manifesteer.”Nie seker of ek hiermee saamstem nie – ek is oortuig dat goed soos honde weet van hulleself. Probleem is – hoe vra jy ‘n hond of hy weet hy weet…

  4. vuurklip

    Dankie – maar lees weer, die vierde vlak behels nie net die bewustheid van die self nie, maar ook dat die self bewus is dat daar ‘n selfbewussyn is! Ek dink nie honde het daardie vermoë nie.

  5. HeavyHenry

    Mens kan nie regtig seker wees nie – soos ek sê – dis moeilik om ‘n hond te vra of hy weet hy weet. En mens kan die toets ook nie taalvaardigheid maak nie, of die vermoe om saam te werk nie – want wat ons diere noem doen al daai goed in ‘n min of meerdere mate. Is nogal ‘n toffie!

  6. vuurklip

    Inderdaad kan ons nie seker wees nie, maar ek dink tog dis hoogs onwaarskynlik dat ‘n hond sal filosofeer oor sy bewussyn, sy verlede of sy toekoms en wat die sin van die lewe is.

  7. Janklaas

    Bewussyn – Nou’s jy op ‘n topic wat my al meer as dertig jaar lank fassineer. Een van my vyf of so aartsmisteries, saam met tyd en ruimte. So eenvoudig, maar tog so kompleks om onder woorde te bring. Ek het ‘n magdom artikels daaroor gelees en min begryp, want dit ontaard in ‘n filosofiese getjommel waar elke ou van elke ander ou verskil..Dit is ook die een enkele ding wat my laat wonder of daar nie een of ander iets is wat bowe die werklike bestaan nie.

  8. HeavyHenry

    Ek kry partykeer die gevoel dat intelligensie soms in die pad kom van bloot die lewe geniet…

  9. Neander

    Vuur, Goeie antwoord.

  10. Neander

    Henry, ek geniet jou en Vuur se standpunte. Lekker gedagtes.Hoekom so skaars?

  11. HeavyHenry

    Is maar besig – en wat ek lees is meesal saai – so het nie veel om te sê nie

  12. HeavyHenry

    Het nou net oor die geval – dog ek deel dit – apropos die vorige stukkie gesprek – en ja ek weet mens moenie jou begewe na kenners nie – maar kon dit nie weerstaan toe ek dit sien nie.”I’ve seen a look in dogs’ eyes, a quickly vanishing look of amazed contempt, and I am convinced that basically dogs think humans are nuts.” – John Steinbeck

  13. vuurklip

    Hiehie – en wat dink katte van ons?

  14. vuurklip

    Watch this space …

  15. HeavyHenry

    ‘n kat weet hy/sy is ‘n verhewe wese, wat oorie mense regeer – kyk maar hoe hulle ons kry om hulle te voer en te vertroetel – en hulle bly waar hulle wil – ‘n kat kies jou,nie jy hom nie…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s