Monthly Archives: June 2010

De Voetbalmatch

Om jou sokkerkoors te temper: Hier is ‘n Youtube clip van Louis Davids, een van die groot Nederlandse kabaretiste uit vergange tye. Die liedjie is skreeusnaaks (as jy dit kan volg) en beskryf hoe ‘n meisie die voetbalmatch ervaar. Sy weet niks van die spel af nie en haar kêrel probeer vergeefs verduidelik.

Luister self!

Advertisements

4 Comments

Filed under Uncategorized

Koning Midas!

In die sprokie kry hy sy comeuppance.

2 Comments

Filed under Uncategorized

Bewussyn en Vrye Wil II

[Deel I] – [Deel II]

In ‘n vorige blog (Deel I) het ek een en ander te sê gehad oor bewussyn in die algemeen.

Hier gaan ek in op die aard en beperkings van die Mens se bewussyn – dit alles ter voorbereiding op ‘n ondersoek van “Vrye Wil”.

Die oorsprong van ons bewussyn is nie hier ter sprake nie – behalwe die aanname dat bewussyn die resultaat is van fisiese en chemiese prosesse in in die liggaam as geheel en die brein in besonder. Die liggaam as geheel is ten alle tye onderhewig aan natuurwette – geen mirakels of bo-natuurlike effekte is betrokke by ons bewussyn nie.

Hoe dit moontlik is vir ‘n menslike brein om sisgself te beskou, eie prosesse te ontleed, introspeksie in eie werking te hou, word nie hier ondersoek nie. Ek het slimmer mense (o.a. Daniel Dennett, Douglas Hofstadter, Susan Blackmore, Roger Penrose) hieroor geraadpleeg, maar nie veel wyser geword nie. Nietemin, vir my einddoel is hierdie vraagstuk van minder belang.

In hierdie stuk probeer ek aantoon dat dit waarvan ons bewus is, gevorm en gefiltreer word deur die aard en konstruksie van die brein. Hierdie is die kern van die ondersoek na die konsep van Vrye Wil – die wete dat ons bewussyn onvolmaak en onvolledig is en grootliks onderhewig is aan beperkings opgelê deur genetiese en kulturele faktore.

Ek herhaal: Die manier waarop ons die wêreld om ons waarneem en interpreteer, is onderhewig aan genetiese en kulturele faktore.

Vir die doel van hierdie bespreking, is dit voldoende om ons bewussyn te ondersoek aan die hand van alledaagse belewenisse. Die belangrike insig eie aan al die voorbeelde wat hier volg, is dat ons geheel en al onbewus is van talle prosesse wat in die agtergrond plaasvind, en wat as “bewussyn” manifesteer.

Hoewel ek konsentreer op die alledaagse, naamlik dit wat ons self uit eie ondervinding kan waarneem, bestaan daar talle studies wat die voorbeelde in diepte ondersoek.

Ek volstaan met die volgende:

  • Visie
    Ons visuele stelsel bestaan uit die oog, die optiese senuwee en dele van die brein. Hierdie stelsel verwerk die twee dimensionele beeld wat op die retina geprojekteer is, na ‘n komplekse driedimensionele rekonstruksie wat ons ervaar as die wêreld om ons. Hierdie rekonstruksie is na genoeg aan ‘n werklike realiteit wat ons in staat stel om in die komplekse realiteit te oorleef. Bv. ‘n Jagter kan met sy geweer ‘n bok neertrek en afslag. Motoriste kan (meestal!) tussen talle ander motoriste hulle doelwit veilig bereik.

    Die dataverwerking om die rekonstruksie te produseer is verstommend kompleks en vinnig – en die belangrike insig is dat ons geheel en al onbewus is van die proses – dit is slegs die resultaat van daardie ongelooflike proses waarvan ons bewus is.

    Van die talle prosesse wat in die agtergrond plaasvind, is ons totaal onbewus.
    .

  • Beweging
    Die eenvoudigste beweging verg ‘n goed georkestreerde samewerking tussen verskeie stelsels in die liggaam. Ons is bewus van ons oriëntasie in die ruimte om ons en hoe daardie oriëntasie met die beweging verander. ‘n Hele kompleks spiere moet gesinchroniseerd saamwerk om ‘n gladde beweging voort te bring. Bloot om te stap, vereis die samewerking tussen die meeste spiere van die liggaam – letterlik van kop tot toon.

    Ons is onbewus van die meganismes wat die komplekse koördinasie tussen die verskillende stelsels beheer. Ter sprake is o.a. hartklop tempo, asemhaling, temperatuurbeheer, ens.

  • Spysvertering
    ‘n Komplekse meganiese en chemiese proses wat deur verskeie stadia gaan en organe soos die maag, dun- en dikderm, lewer, niere, pankreas en so meer betrek. Soos met die ander prosesse hier genoem, is ons (ganadiglik as ons gesond is) noueliks van die prosessering van kos bewus.
  • Imuunstelsel
    Ons word daagliks deur ‘n leërskare aangeval: Bv. virusse, bakterië, swamme en so meer. Om hierdie bedreigings die hoof te bied, is daar ‘n komplekse imuunstelsel wat uit talle stelsels bestaan o.a. die bekende wit bloedselle. En of ons nou siek of gesond is, het ons geen bewustheid van die onophoudelike oorlog wat die imuunstelsel namens ons voer nie.
    .

Hierdie is slegs enkele voorbeelde om te illustreer dat, wat ons bewussyn noem, vergelyk kan word met die skuim wat op brekende golwe dryf. Dit is slegs ‘n oppervlakkige gewaarwording van ‘n menigte prosesse waarvan ons noueliks bewus is, en weinig beheer oor kan uitoefen.

Ek fokus hier op interne prosesse aangesien bewussyn uit hierdie prosess ontstaan.

[Deel I] – [Deel II]

Deel III volg later.

7 Comments

Filed under Uncategorized