Kerkbode

Sien op die Kerkbode se webblad die volgende absurditeit:

NG Kerk sê nie ja óf nee vir evolusie

Die NG Kerk ondersteun die geloofsuitspraak dat God die Skepper van hemel en aarde is, maar is nie bevoeg om enige gesaghebbende uitspraak te maak oor wetenskaplike teorieë soos evolusie nie.

Dié standpunt van die NG Kerk se moderatuur word herbevestig in ’n verklaring na aanleiding van mediaberigte en internetgesprekke, oor die verhouding tussen kerk en wetenskap.

Wat die kerk wel ondersteun en bely, is ’n bepaalde geloofsuitspraak, naamlik dat God die Skepper van hemel en aarde (heelal/veelal) is. “Wat is, het nie maar toevallig en spontaan gebeur nie. Oor hoedat hierdie skepping egter tot stand gekom het, asook die komplekse aard van al die wetmatighede waarbinne hierdie proses van skepping plaasgevind het en nog steeds ontwikkel en funksioneer, kan ons as gelowiges ons net verwonder. Veral namate die verskillende wetenskaplike dissiplines dit verder aan ons ontvou,” aldus die moderamen van die NG Kerk. –

Hulle (die Modderamen – sic) is nie bereid om feite, soos deur die wetenskap blootgelê, te aanvaar nie – tog is hulle bereid om aan moeilik geloofbare leerstellings soos in die Heidelbergse Kategismus vervat, onvoorwaardelik en sonder enige bewyse te glo.

As hulle dan nie die magdom getuienis rondom evolusie kan aanvaar nie, dan moet hulle, om konskwent te wees, ook t.o.v. alle ander wetenskaplike teorieë op die draad bly sit – dalk doen hulle presies dit?

Advertisements

7 Comments

Filed under Uncategorized

7 responses to “Kerkbode

  1. bernster

    Ek wil nie in ‘n debat betrokke raak nie.Vir ‘n slag dink ek het die NG Kerk (waarvan ek NIE ‘n lid is nie en waarskynlik ook nooit sal wees nie) die regte tipe verklaring gemaak. Daar is te veel vrae wat onbeantwoord is om nou al die saak as afgehandel te beskou.

  2. vuurklip

    Daar is inderdaad veel wat ons nie weet nie, maar soos ons nie langer twyfel dat die Aarde rond is en om die Son wentel nie, is daar ook nie twyfel dat evolusie ‘n werklikheid is nie.

  3. rosiemetdorings

    Ek is in die netelige posisie om ‘n kennis te hê wat boeke skryf oor die teenstydigheid tussen die skeppings verhaal en evolusie. Ek kan hierdie dinge miskien nie so goed beredeneer nie, maar ek is nie te stupid om wetenskaplike feite mis te kyk nie

  4. rosiemetdorings

    Soort van kyk eers die kat uit die boom.

  5. bernster

    Graag wys ek daarop dat daar onder wetenskaplikes al vir MEER as 3000 jaar eenstemmigheid is dat die Aarde nie plat is nie. ‘n “Plat aarde was wetenskaplik aanvaar”-samelewing is een van die grootste ‘urban legends’ ooit. Miskien in geloofskringe, maar verseker nie in die wetenskap nie!

  6. Neander

    Hiermee versoek ek maar net weer dat enigeen wat twyfel aan:1 DNS verwantskappe2 Genetiese mutasies,die bewyse moet bring. Abiogenese is nog nie nagemaak nie, maar alle aminosure, die boustene van proteïne, word al nagemaak.Ek blog juis môre oor ‘n soortgelyke ding.

  7. Janklaas

    Interessante siening. Ek hoor wat jy sê.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s