Sal vanaand op die strand moet slaap …

Sal vanaand op die strand moet slaap. Dit het só gekom.

Het vanoggend (soos maar die meeste oggende) vroeg al met my laptop by die eetkamer tafel gaan sit en voorgeploeter met die rekenaarprogram wat hierdie maand se kos op die tafel moet kry.

Skielik kom daar ‘n vanuit die slaapkamer ‘n angstige gil – soos ‘n kar wat remme aanslaan.

“Wassit?” storm ek die slaapkamer binne – staan Vroutjielieweding met die storthanddoek nog om die lyf – wys sprakeloos na die plafon – en daar, reg bo VLD se kant van die bed sit ta – yslik, lyf so groot soos my duim, saam met al agt haar pote so groot soos my hand.

Storm weer die kamer uit – gryp die goggafles en ‘n stoel – weer terug kamer toe om ta in die fles te vang.

Gelukkig sit mevrou Spinnekop mooi stil en kan ek versigtig die fles se opening oor haar pas sonder om pote af te knyp. Skuif ‘n stywe stuk karton oor die opening, tussen mevrou S. en die plafon – woeps, val sy ongedeerd in die fles.

Weer op die grond, sê VLD: “Hou die bottel op sodat ek kan sien.”

Met die dat ek die fles ophou, merk ek op dat VLD se gesigmasker nog op is – spookwit – net die ogies en mondjie wys – die masker laat die ogies groter oopgerek lyk en die mondjie nog angstiger oopgesper. Spinnekop sien dit ook en retireer teen die agterste wand van die fles, voorlyf opgehef, rooi slagtande wys. Dis toe dat ek my lag nie kan hou nie – ek meen: Wie het groter geskrik? VLD of mev. S.? Toe ek daai vraag so tussen die lag deur vra, ruk VLD haar op en stewe soos een van die nuwe fregatte hier in Valsbaai, weer die badkamer binne, sonder ‘n verdere woord behalwe: “Gaan gooi die ding ver van die huis
af!”

Op pad buitentoe met mev. S, sien ek een van haar linker pote is weg.

Terug in die huis vertel ek van die af poot. VLD sis: “Ek hoop nie die ding is nog êrens in die slaapkamer nie.”

Ek grap nog: “Dalk het een van ons dit in die nag ingesluk?” Julle weet mos, daar bestaan ‘n statistiek dat ‘n mens gemiddeld ‘n sekere aantal spinnekoppe insluk terwyl sy/hy slaap.

“AIÊÊÊÊ”. Dit was die laaste strooi. Êrens in VLD se voorgeslagte moes daar Van Helsdingens gewees het.

Ek sal maar solank my strandhandoek gaan kry en ‘n botteljie soetwyn uit my noodvoorraad gaan opdiep.

Advertisements

10 Comments

Filed under Uncategorized

10 responses to “Sal vanaand op die strand moet slaap …

  1. TS

    Die het ek werklik so geniet Baie dankie! Baie liefde is al wat nou die saak by VLD kan red!

  2. loudavisi

    Grillend kyk ek rond op af links regs onder lessenaar.

  3. Vetelitsoesitis

    Smaak vir my jy het vir jou so met die gogga saam n ongemaklike bed gemaak om op te slaap!

  4. Douwe

    Waauw, dis ‘n pragtige bobbejaanspinnekop!

  5. diefotoman

    Nice pic, nog nie hier by my in die huis so een gekry nie, het wel eenkeer n reën spinnekop aangehou en die he n been verloor in aanhouding en die het verdwyn wat my laat dink het die spinnekop moes dit geeet het.

  6. Janklaas

    Dalk was sy so wit sonder daai masker!

  7. rosiemetdorings

    dan is ek en jou VLD baie naby familie! Dit was ook my lot net so paar dae terug. maar in my geval is mev S. vermoer!

  8. vuurklip

    Hoe weet jy van Snous?!

  9. vuurklip

    Agge néé! Moenie so danig geheimsinnig wees nie!

  10. MEleroux

    Pragtige storie! Ons het sommer baaie van hulle in ons huis – die bottel uitsit truuk werk net vir ‘n paar uur dan kom hulle terug! Maar ons het besluit hulle het ‘n siel en mag maar in die huis wees, solank hulle nie saam met my stort of slaap nie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s