Monthly Archives: November 2010

Eendag was daar …

Eendag was daar ‘n plaas met ‘n klompie gelukkige hoenders. Hulle het min of meer op dieselfde tyd uitgebroei en het hulle hele lewe sorgvry op die werf rondgeskarrel en hulle kroppe lekker dikgepik aan goggas en mielipitte.

Elke oggend en elke aand het die boer met ‘n sak mieliepitte en ander byvoegsels op die werf verskyn en die kos vir die hoenders gestrooi. Gevolglik was die spannetjie spekvet en gesond, en vreeslik tevrede.

Daar was selfs ‘n mooi groot haan om hulle betyds soggens wakker te kraai (en ander dienste te lewer) sodat hulle ten volle van die boer se goedheid gebruik kon maak.

Voor slapenstyd elke aand, het die hoenders bymekaar gekom vir danksegging en om die boer te prys en hulde te bring.

Ongelukkig het die spannetjie, haan ingelsuit, nie koerant gelees nie, en ook nie TV gekyk nie. Gevolglik het die volgende advertensie hulle ongesiens verbygegaan:

Hulle smáák so lekker want hulle éét so lekker!

11 Comments

Filed under Uncategorized

Trappe van Vergelyking


Trappe van vergelyking:

Ugly, uglier, Agliotti 

11 Comments

Filed under Uncategorized

Bokant hulle vuurmaakplek!

Volgens die Departement van Onderwys, is die Evolusieleer bokant onderwysers en skoolkinders se vuurmaakplek. Om daardie rede word die onderwerp dus uit die laerskoolkurrikulum geskrap. 

Beteken dit nou dat alle moeilike onderwerpe óók geskrap moet word? Dan sal alles wat logiese redenasievermoë verg ook maar gaskrap moet word word. 

Wat bly dan oor? Seker alles waarvoor daar geen logika by betrokke is nie, soos die storie van Adam en Eva. Opwekking uit die dood. Water wat in wyn verander word. Brode en visse wat vermenigvuldig. Alles “feite” wat net klakkeloos aanvaar kan word sonder die behoefte aan kritiese ondersoek.

Absurd.

Die Cape Times se briewekolomme is vol kritiese kommentaar oor hierdie absurde besluit (met die uitsondering van die evolusionêrblinde briefskrywer Dr Bernhard Ficker).

En Die Burger? Tensy ek dit misgekyk het, swyg die briefskrywers soos die graf – dalk omdat Die Burger se lesers die besluit verwelkom?

Lees Die Burger en lag saam.

11 Comments

Filed under Uncategorized

Harry Mulisch

Dood Mulisch markeert einde van een tijdperk

AMSTERDAM – Met de dood van Harry Mulisch wordt een tijdperk in de Nederlandse literatuur afgesloten. Met die woorden reageerde Robbert Ammerlaan, jarenlang de uitgever van Mulisch’ boeken, op het overlijden van de schrijver. De auteur stierf op 83-jarige leeftijd, zaterdagavond in zijn huis in Amsterdam.

Meer by Het Parool.nl

7 Comments

Filed under Uncategorized