Eendag was daar …

Eendag was daar ‘n plaas met ‘n klompie gelukkige hoenders. Hulle het min of meer op dieselfde tyd uitgebroei en het hulle hele lewe sorgvry op die werf rondgeskarrel en hulle kroppe lekker dikgepik aan goggas en mielipitte.

Elke oggend en elke aand het die boer met ‘n sak mieliepitte en ander byvoegsels op die werf verskyn en die kos vir die hoenders gestrooi. Gevolglik was die spannetjie spekvet en gesond, en vreeslik tevrede.

Daar was selfs ‘n mooi groot haan om hulle betyds soggens wakker te kraai (en ander dienste te lewer) sodat hulle ten volle van die boer se goedheid gebruik kon maak.

Voor slapenstyd elke aand, het die hoenders bymekaar gekom vir danksegging en om die boer te prys en hulde te bring.

Ongelukkig het die spannetjie, haan ingelsuit, nie koerant gelees nie, en ook nie TV gekyk nie. Gevolglik het die volgende advertensie hulle ongesiens verbygegaan:

Hulle smáák so lekker want hulle éét so lekker!

Advertisements

11 Comments

Filed under Uncategorized

11 responses to “Eendag was daar …

  1. HeavyHenry

    Ek onthou Farmer Brown as Vetter.

  2. vuurklip

    Ja, maar hierdie is ‘n baie óú foto!

  3. rosiemetdorings

    En al kon hulle lees, het hulle dalk nie geglo dat dit ooit waar kon wees nie

  4. TS

    Hy is nog jonk , die oom

  5. jannel1

    Mens sien maar min van Farmer Brown deesdae.

  6. Trakie

    Hierdie keer is die snuf in die neus ‘n gebraaide hoendertjie.

  7. vuurklip

    Ons was almal eens jonk!

  8. vuurklip

    Maar nie van die hoennerkies nie!

  9. vuurklip

    Natuurlik nie. Hulle het ook houtwerk gedop!

  10. vuurklip

    Snuif, snuif. Inderdaad!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s