(Un)Scientific American

Ons weet nou al dat die klimaat-veranderingsprofete nie die afgelope 3 jaar se koue noordelike winters voorspel het nie. Voor hierdie koue weer, het hulle net warmer weer voorsien.

En nou, met die kouer weer, word post facto allerhande  argumente opgerakel om te verduidelik hoekom winters nou kouer is!

Kyk nou na die heerlike double speak soos gerapporteer in die Scientific American:

In fact, while no single storm is anything more than weather,

stronger winter storms are exactly what climate scientists

expect from a warming climate.

Huh?! Hoe kouer die weer, hoe meer aardverwarming? Let op, hulle is versigtig om te sê stronger winter storms en nie colder nie.

En die eenvoudige verklaring (meer warmte, meer vog in die atmosfeer) was drie jaar gelede nie aangehaal as synde ‘n oorsaak van kouer weer nie.

Advertisements

7 Comments

Filed under Uncategorized

7 responses to “(Un)Scientific American

  1. Neander

    Die El Nino mense werk met gemiddeldes en daarvolgens het ons wel aardverwarming. Die sneeu op Kilimanjaro is alreeds 20% minder en stukke ys breek af van antarktika.

  2. bernster

    Neander, ter inligting:Die Kilimanjaro scenario is al jare terug debunk. Die rede waarom die sneeu verdwyn het niks met sogenaamde aardverwarming te doen nie. Dis eerder agv die natuurlike woude rondom die berg wat uitgeroei word; hierdie bome het die lug vogtig gemaak en daardie vogtige lug is dan deur winde opgedra hoog teen die berg op waar die vog dan ‘n neerslag vorm wanneer dit afgekoel het. Deur talle eksperimente is daar bevind dat die aanplant van bome in die area die probleem daar kan oplos.

  3. Neander

    Ek stem saam sublimasie is deel van die verklaring by K, maar daar val ook minder sneeu weens droër en warmer toestande en dan minder sonlig- weerkaatsing en dus minder ys.Aan Groenland se kus het die vis begin uitsterf weens te veel varswater van gletsers af.Die toestand is besig om te vererger en kan dalk die Golfstroom verander.Verder ysbere moet al hoe verder swem om kos te kry.

  4. bernster

    Daar is ook bevind dat die droër en warmer weerpatrone daar reeds in die 1800’s begin ‘moeilikheid’ maak het, lank voor sogenaamde aardverwarming ter sprake kom.btw, ek probeer nie die stel unieke omstandighede by Kilimanjaro voorhou as die reël vir alle krimpende gletsers/icecaps nie.

  5. Neander

    Dis goed, ek het net gedink jy hou die omstandighede van K voor vir alle krimpende gletsers.

  6. monicahaddad

    Ek weet nie van een enkelte wetenskaplike wat al ooit askies gesê het nie 😉

  7. HeavyHenry

    Die grotes, soos Einstein doen – die poepholle knoop hulleself toe in verontskuldigings.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s