Roland Barthes

Nou ja, ek is nie ‘n groot vriend van die filosofie nie – of ten minste nie van selferkende armchair filosowe nie. lyk my sodra iemand ‘n jaarkursus in die filosofie gevolg het, verloor hulle die vermoë om self te dink.

Toe kom ek af op ‘n lofrede aan een van die helde van die post modernisme: Roland Barthes.

Die stuk laat my dink aan die uitdrukking: “damned with faint praise”.  Lees dit maar self.

Wat my die meeste getref het, is die beskrywing van sy bydrae in vergaderings van ‘n skoolkomitee waar die dag-tot-dag sake bespreek is:

His famous sensitivity to language even extended to the minutes of the weekly meetings, where he routinely “replaced commas, selected more appropriate words, restored nuances, recalled the exact terms that had been used. Even in these humble texts he was never satisfied with platitudes or inexactitudes.”

 

Verdere kommentaar oorbodig.

Dan sluit die lofrede(sic) af met:

After describing in detail his preference for fountain pens over felt-tip or ballpoint, after recounting his experiments with the electric typewriter at the suggestion of Philippe Sollers, after detailing how he organizes his workplace and schedule in Paris and in the provinces, Barthes tells Rambures about his index-card system, which is based on slips of paper precisely one-quarter the size of a usual page: “At least that’s how they were until the day standards were readjusted within the framework of European unification (in my opinion, one of the cruelest blows of the Common Market).

 

Is die soort pen wat jy gebruik, of die formaat van jou indekskaarte ‘n aanduiding van jou intellektuele vermoeëns of van jou hangups?

En die foto: lyk die man nie hoogs ingenome met homself nie? “Jirre, maar ek is ‘n cool dude

Laat my dink aan Alan Sokal se eksperiment.

Advertisements

8 Comments

Filed under Uncategorized

8 responses to “Roland Barthes

  1. Neffertiti

    Is die pen magtiger as die swaard?

  2. Ou-Top

    Dankie vir die gediggie daar op my blog. Waar kom dit vandaan?Filosowe en skrywers, eienaardige goed. In my jong dae het alle skrywers polonek hemde of truie gedra en meeste was groen, geel of bruin. Hulle gesiguidrukkings was ook van iemand wat pyn het en straks nog bloei. In die agtergrond was altyd duur boeke en voor n geel of swarthout lessenaar met n pyp. Ek onthou een so groot filosoof, sy was stokou swart vrou, om die waarheid te se sy was wat hulle destyds daar aan die Transkeise wildekus, n oestermeid genoem het. Ons kon by haar koop mossels, oesters,tot by b vet kreef en nou en dan n vis en klein seekat vir aas. Sit sy eendag op die klippe daar na ons besigheid met haar gedoen het en ek sien hoe haar voetsole lyk. Dik soos die buiteband van n sleepwa. Vol snye en merke. Ek vra of ek aan haar voetsole kan raak en sy se ja. Dis amper n duim dik ge-eelte vel,Toe se sy: “Modimo( die Here) hy maak vir hom so lat die skulpe daar by die klippe nie vir my kan sny.”Dit was in 1976, en dit is my loflied aan n eenvoudige groot ou Afrika filosoof.

  3. vuurklip

    Die gediggie is “eie werk”, kyk byhttp://vuurklip.net

  4. Ou-Top

    As jy daardie gedig vir die derde en vierde kker lees en jy het n Pa gehad, dan slaan hy diep. Ek het so gewens jy gaan aantwoord dat jy hom self geskryf het. Mooi so man.

  5. vuurklip

    Maar ek hét dit self geskryf!http://vuurklip.net ís my webwerf …

  6. kwaaitjiek

    Ja-nee, ek stem. Filosowe is dikwels die celebrities van die upper class. Wat eintlik skrikwekkend is, want hulle verwerf mos eintlik roem vir hulle idees en vermoë tot kritiese denke. Die navolgers van sulke filosoof-celebrities is ook dikwels onkrities oor die idees wat die filosoof postuleer. Gevolglik word die filosowe se idees nie gesien as ‘n bydrae tot die diskoers nie, maar as finale woord oor ‘n onderwerp. Dan kan die filosowe rustig terugsit en praat oor penne en papiertjies. Hulle weergawe van koeitjies en kalfies.

  7. palamino

    ag, hy was maar net deeglik, jong. Maar ek moet seg hy lyk diep onder die indruk van sy eie cooolness op die foto. Hy is verseker nie deur sy eie studente aan die sorbonne opgetel, uit die klaskamer gedra en in die asblik gegooi soos Derrida nie…dis verseker.

  8. skaawagter

    Ietwat obsessief?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s