Mooi, nè?
In ‘n onderhoud van ‘n Parlementêre Komitee met Eskom, vra een van die LP’s waarom Eskom nog nie windlaaiers op Tafelberg gebou het nie, veral aangesien daar so baie wind op die berg is.
Kyk hoe die toegangspaaie die omgewing versteur.
Meer hier: Watts Up With That
Selfs my pa het dit al 15 jaar gelede voor hy dood is, gewonder
Nee o hel!
Onooglik en blykbaar versteur dit die natuur
‘n Onversterurde uitsig sou verseker mooier gewees het, maar glo my, ‘n oopgroef steenkoolmyn soos die in “my” wêreld, is op ‘n skaal van 0-100, 200 keer leliker, esteties sowel as wat besoedeling en grondlaagversteuring betref. En dis net waar dit geSIEN word. Die impak van die myne op die ondergronse water, is legendaries. Catch 22, noem mens dit. (Ek wens iemand wil die omgewingsimpakstudies t.o.v koste en impak vs. lewering van steenkoolmyne vergelykend met die van windlaaiers iewers publiseer…ek bedoel, ek wonder of soiets ooit gedoen is…as jy dalk weet van ‘n link na daardie tipe inligting, sal ek dit waardeer.)
Wie gaan dit betaal en wie gaan help keer?Ugh..
Jý gaan betaal as jy nie help keer nie.
Werk hulle regtig?
Já, régtig – maar gewoonlik net teen 20% van hulle volle kapasiteit – want die wind waai nie altyd nie, of waai soms te hard, of is soms te rukkerig, of dis te koud dan moet hulle met steenkool-krag warm gehou word, of hulle moet geservice word – maar hulle werk, veral vie die ouens wat die susidies kry om hulle op te rig – subsidies waarvoor ons “aan die ou einde van die dag” betaal.
Moenie vergeet dat die gevestigde olie- en steenkoolbelange [en politici] wereldwyd ten alle koste groen kragopwekking probeer keer en baie joernaliste in die sak het nie. Ek het in Kalifornie gesien dat die windplase goed werk en al hoe meer steenkoolkragstasies gesluit word; hulle oorweeg ook nou om die kernkragsentrales daar af te skakel.
As daar geld te make is uit alternatiewe bronne, sal daar entrepreneurs inspring – “gevestigte belange” of te nie. Tans kan windkrag, biofuels, sonkrag net mbv subsidies bestaan. Talle sonkrag ondernemings in Spanje gaan onder nou dat die Spaanse regering subsidies opskort.Buitendien is die hele beweging weg van fossielenergie op ‘n foutiewe grondslag gebaseer – mens gemaakte CO2 is nie ‘n belangrike oorsaak van klimaat verandering nie – die son en ander natuurlike oorsake is het ‘n veel groter invloed op klimaat.
Aha, dis dan die oplossing! Stel politici soos oom Jacob en sy trawante [en familie] aan as hoogbetaalde direkteure in groenkrag-ondernemings en alles sal regkom?
Ek weet nie waar jy hieraan kom nie. As jy dit lees in enige iets wat ek geskryf het, is jy nog erger gebreinspoel deur Al Gore, Pachauri, Jones, Briffa, Hansen, Mann en hulle trawante as wat ek kon vermoed.
Lees ook hier:http://www.jmt.org/news.asp?s=2&nid=JMT-N10561En hierhttp://www.fel.duke.edu/~scafetta/pdf/opinion0308.pdfEn volg gerus Steve McIntyre se blog:http://climateaudit.org/