Monthly Archives: April 2011

Hoeveel is 2+2 vir die WWF?

In laas Saterdag se BY (Bylaag tot Die Burger) lees ek ‘n onderhoud deur Elise Tempelhof met Morné du Plessis (néé, nie die oud-Springbok kaptein nie).

Morné is die Suid-Afrikaanse uitvoerende hoof van die Wêreldnatuurfonds (WWF).

Ek wens ons joernaliste wou meer navorsing doen vóór ‘n onderhoud met hooggeplaasdes – sodat hulle darem sinvolle vrae kan stel en nie net die VIP in die artikeltjies te eggo nie.

Die onderhoud sluit af met Morné se bewering dat die WWF nie , nee, nooit (moet nooit sê nooit nie!) geld van ‘n olie of gasmaatskappy sal aanvaar nie?

Werklik nie? Nooit nie?

Hulle word wel befonds deur o.a. BHB Billiton en Anglo American.

BHP Billiton, volgens hulle eie webwerf, is een van die wêreld se grootste mynhuise met uitgebreide belange in, l.w. petroleum en steenkool. Verder bedryf hulle aluminium smelters wat ontsaglike hoeveelhede elektrisiteit gebruik – elektrisiteit wat grootliks met steenkool opgewek word.

Verduidelik nou vir my hoe hy kan beweer dat die WWF nie geld van olie-maatskappye aanvaar nie.

En hoe rym dit met die WWF se vete teen CO2? Morné spog juis dat die WWF die term “koolstofvoetspoor” uitgevind het.

Hoekom laat die onderhoud my dink aan Denmark?

Advertisements

2 Comments

Filed under Uncategorized

Dapper? Slim? You be the judge …

Op vandag se voorblad van Die Burger.

Die mannetjie is trots op sy vangs. Die koerant noem hom dapper.

Wat is dapper daaraan om ‘n stomme vis met aas om die bos te lei sodat hy/sy die hoek sluk en dan vanaf droë grond die vis in te katrol. Big Deal!

En dit vir die “pret”.

Dalk is die mannetjie se naam simbolies van sy ander anatomiese proporsies: Kleinhans

Meer hier: Die Burger 

1 Comment

Filed under Uncategorized

Die Mirakel!

Dis nie net Christus en ander lede van die Heilige Familie wat op rare plekke verskyn (soos op toast) of trane van bloed stort nie (soos Mariabeelde), nee, die aanstaande lid van die Britse koninklike familie het nou ‘n mirakuleuse verskyning gemaak – en dit op ‘n jellybean!

Aangesien sy waarskynlik die volgende Mev Koning gaan wees en dat die Koning die hoof van die Anglikaanse Kerk is, Defender of the Faith and all that, is hierdie verskyning seker vanpas.

Staan so ‘n meter of twee weg van die foto:

Lees meer hier by The Telegraph

3 Comments

Filed under Uncategorized

By die afsterwe van die laaste van ‘n geslag …

11 Maart, 2011

Die laaste oorlewende van my ouers se geslag het ons op 95-jarige ouderdom ontval.

winter

een vir een
sterf my wortels af.

blare doen afstand
van opgegaarde son
uit vergange seisoene.

die skors van my verweer
teen vervloë storms   los
en val af.

naak
bly my geen skans 

 

vuurklip

3 Comments

Filed under Uncategorized