Is die keiser kaal …

… of is ek net stupit?

Vandag op Die Burger se Boekeblad:

Maria Callas

(vir TT Cloete)

Om só godsgenadig

te kon sing en vertolk,

dit doen sy absoluut spontaan

boonop ‘n noot steel soos ‘n gypsy,

bronstig ómklem soos ‘n munt

in ‘n dooie se toegebalde vuis.

Elke lied word deur haar lyf

se ronde kontoere vervoer.

Later toe sy verslank,

fokus sy op haar flaminkkeel,

dra steeds gekartelde fluweel

om die véle omswerwinge

van ‘n vasgevatte noot

oor vele hoogtes én laagtes,

te laat vloei in ‘n asemsnakkende

amper roggelende, volsonge snik.

Joan Hambidge

 


Wat dink jy?

Advertisements

6 Comments

Filed under Uncategorized

6 responses to “Is die keiser kaal …

  1. TS

    Goed was sy seker goed maar sommige van daardie note is/was volgens my baie ver van bronstig af.. maar aan die ander kant wat sal ek nou weet. Alles van die GROOT digter is mos onaantasbaar.

  2. rosiemetdorings

    ek is glad nie ‘n JH of TT aanhanger nie, sal dus nie kommentaar lewer

  3. loudavisi

    Ek dink nie jy’s stupid nie!

  4. Vetjan

    Goeie kommentaar

  5. vuurklip

    Histories korrek, ja, dalk. Maar die beelding pas eerder by ‘n Florence Foster Jenkins as by ‘n Callas. Flaminkkeel en roggelend doen dit net nie. En die enkele rym doen effe gedwonge aan.

  6. DallaSePa

    Defnitief kaal …

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s