NIMBY huigelaars

NIMBY: Not in my back yard

Video op YouTube

Al wat celebrity is sit nou op die anti-frakking wa. Let op hoe in die gees van Orwell se newspeak die woord frakking gekies word om die saak in ‘n nóg slegter lig te stel.

Afgesien van die meriete van die saak, vind ek die wa se saamryers iewat huigelagtig. Hulle ry die wereld vol met hulle karre, hulle vier-by-viers, vlieg die wereld vol, maak nie saak waar al die diesel en petrol vandaan kom nie. Dit kan maar daar ver in Arabië of in Nigerië of waar ookal ontgin word, maar net nie hier in ons agterplaas nie.

Wat elders gepleeg word is in die haak, daaroor sê ons niks – maak maar vol – hier gaat ons.

Advertisements

14 Comments

Filed under Uncategorized

14 responses to “NIMBY huigelaars

  1. TS

    elkeen veer sy eie huisie en gee nie om waar die vere vandaan kom nie!

  2. loudavisi

    Ek en David was klasmaats op skool.Hy het met my Joodse vriendin getrou. Hy het altyd tydens debatte soos die beatles gelyk, so met die lang kuif, en hulle liedjies gesing.Dankie vir die pos, VuurlipNatuurlik stem ek saam met wat hy sê

  3. vuurklip

    Daar is ook baie goeie redes om nie saam te stem nie, maar dis ‘n ander debat!

  4. monicahaddad

    Dis nes jy daar sê….

  5. loudavisi

    ok, Vuurklip….ek weet dat atoom energie die skoonste, goedkoopste is…ook die gevaarlikste….maar soos jy se is dit ook ‘n ander debat.. verder is maar ‘n leek – wil net die aarde bewaar vir die nageslag. Whatever hulle in die Karoo gaan doen of nie doen nie, gaan my nie persoonlik raak nie. ; )

  6. vuurklip

    Atoomkrag is (nog) nie die goedkoopste nie, en verreweg nie die gevaarlikste nie. Duisende mense sterf jaarliks (veral in China) in koolmyne. Three Mile Island, Chernobyl en nou Japan, het saam oor ‘n tydperk van dekades, veel minder sterftes tot gevolg gehad.

  7. HeavyHenry

    Jis – wwet jy hoe moeilik dit is om nie ‘n NIMBY te wees nie as die ouens ‘n nuwe stortingsterrein wil oopmaak?

  8. Blikskottel

    Dis eintlik lekker siek,,,aandag soekers..

  9. vuurklip

    Briljant, dalk maar suiwer gegrond op emosie.

  10. vuurklip

    Is so, ja.

  11. shlwanjan

    Ek hoor jou. Ek TOTALLY hoor jou. Dis soos U2 (van wie se musiek ek ‘n GROOT fan is) wat allerhande mooi groenerige praatjies maak maar die band se totale koolstofvoetspoor na ‘n paar dekades van wêreldtoere en mega-konserte is so groot soos ‘n derdewêreldland s’n. Ons mensdom is geneig om die grense te trek waar dit ons pas. (Wag, ek moet die swembadpomp gaan afsit…)Ek kan dae lank hieroor debatteer; veral met myself.

  12. shlwanjan

    O maar ek moet darem net ook noem ek was anti-fracking lank voor dit die nuusopskrifte getref het. Juis omdat ons persoonlik gekonfronteer word met die invloed van steenkoolmyne – en nie net die myne nie, maar die monsternemingsproses, op die geologiese struktuur van die area waar ons plaas is. Dit is ‘n verskriklike en onbetwisbare elke dag se realiteit vir ons.

  13. abrham

    hoe meer dae …

  14. BertieDuP

    Absoluut! En met min gedagte aan die armes en werkloses wat nie ‘n designer lewenstyl kan bekostig en die luukse het om esoteriese kwessies the kies nie. Presies soos die veldtog teen poeiermelk vir babas en pro borsvoeding in Europa en die VSA.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s