Hoeveel engele …

… swem in ‘n doopvont?

Net so relevant in vandag se Die Burger is daar twee berigte:

  1. Kaapse NGK vra hulp oor doop-turksvy
    Ek haal aan “… na ‘n lang en soms emosionele debat … oor hoe die kerk moet reageer op lidmate wat as babas gedoop is ná ‘n bekering as volwassenes weer laat doop”.
    Jirre, waarmee die mense hulle eindeloos kan besig hou. Dit verg nogal ‘n lang en soms emosionele debat.
  2. Is daar ‘n duiwel of nie?
    Jy is vrek gelukkig as jy ‘n lidmaat van die NG Kerk in die Wes- of Suid-Kaapland is – want jy mag nou self besluit of ou Mefisto bestaan of nie. As jy elders woon moet jy maar ligloop – vir jou is daar geen onsnapkans nie. Geen plesiertjies op Sondae meer nie, en hou maar op drink, rook en dans.
Advertisements

5 Comments

Filed under Uncategorized

5 responses to “Hoeveel engele …

  1. TS

    Mmmmmmm die mensdom sal nooit verander nie en dit lyk of Christene nie gelukkig kan wees as hulle nie foutvind en mense kan leer of oortuig nie. Wat die speldepunt betref hang dit af of dit staande, sittend, vliegend of ‘n aflos is – jy moet dalk eennag in my tuin kom kyk

  2. vuurklip

    1. Ja die kerk hoef nie te besluit nie, maar hy doen! En as jy lidmaat wil wees, speel jy maar saam.2. Die enigste duiwels is mense. Ons weet (meestal) as ons verkeerd optree.

  3. vuurklip

    Wat is jou tuin, engele of speldepunte of albei?

  4. lora2me

    Ek sê altyd besluit self. Doop is in elk geval vir my doop en basta. Die NGK se Doop het nie altyd presies dieselfde betekenis as “doop” in ander kerke gehad nie … daarom die kinderdoop. Sela.

  5. Blikskottel

    Tipies van ou omies en kwasi religieuse proffies wat niks beter het as om te sit en kwaadstook nie. Plaas hulle eerder siele wen, maar dis mos harde werk.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s