Laat daar lig(?) wees …

Vir dié wat dit kan bekostig sal daar lig wees.

  

Ons dierbare regering peplan om gewone gloeilampe uit te faseer. Sou hulle daaraan gedink het dat dat derduisende mense in die informele nedersettings noueliks die duurder gloeilampe sal kan bekostig? En sal dié wat kan veilig daarvan ontslae raak?

Daar word ons vertel dat die nuwe gloeilampe ‘n 5 tot 10 jaar leeftyd het. In my ondervinding het hulle eerder ‘n gemiddelde leeftyd van 2 jaar. Ek het nog géén gloeilamp gehad van langer as 4 jaar gehou het nie – nie eers die wat slegs een keer per dag aan- of afgeskakel word nie.

6 Comments

Filed under Uncategorized

6 responses to “Laat daar lig(?) wees …

  1. Maankind2

    Ek het elke een van daardie gloeilampe uit my huis gesmyt. Hulle blaas binne ‘n paar maande, en dis moeilik om te recycle, agv die gas daarin.

  2. pasella

    en gevaarlik ook, sê hulle.

  3. brug

    Veel ligter op verbruik is LED lig. Maar dit behelsn 6 volt ligte bedrading. Hoekom hoor ons nie van regeringsubsidies hiervoor nie. ?

  4. loudavisi

    Ek stem saam. Die ontslae raak daarvan is ‘n groot probleem.

  5. HeavyHenry

    As joune gemiddeld 2 jaar hou – dan is jy gelukkig, of jy het ‘n beter soort beet. Die drek wat mens nou kan koop gee die gees in so drie maande – as hulle nie dadelik breek nie.En daarvoor betaal mens ‘n premium prys.

Leave a reply to pasella Cancel reply