Oordrywing in overdrive II

Het jy vandag in jou 4×4 gery? Die verwarmer aangeskakel? Kos gemaak? Gebad/gestort?

Jou koolstofvoetspoor maak die Aarde warm. Skaam jou!

Weet jy hoeveel kooldioksied is in die atmosfeer? 10%, 15%, 20%, meer as 20%?

Nee, dis ongeveer 0.04%. Ja, nul punt nul vier persent.

Waar kom hierdie CO2 vandaan? Daar is ‘n gedurige wisselwerking, CO2 word vrygestel en geabsorbeer in ‘n oneindige kringloop. Plante absorbeer CO2, plante vergaan en stel CO2 vry. Koue seewater absorbeer CO2, warmer seewater stel CO2 weer vry. Mense verbrand fossielbrandstof. Meer as 300 vulkane wereldwyd en onder die see spu tonne CO2.

Die vraag is, hoeveel van hierdie siklus is deur ons toedoen? Dit blyk dat ons bydrae ongeveer 3% bedra.

As ons nou almal skielik weer in grotte gaan woon, geen vuur meer maak nie en net rou kos eet, dan verminder ons die totale CO2 komponent, wat reeds baie klein is, met 3%. Wat is 3% van 0.04%. Gee jy om? 

Dit gaan bokkerol verskil maak aan die koolstofsiklus en nog minder aan die klimaat. Maar jý gaan saffer.

Grotte is ons woning nie – nie meer nie.

PS

Die “rook” in die foto is net stoom. So moenie worry nie.

Advertisements

12 Comments

Filed under Uncategorized

12 responses to “Oordrywing in overdrive II

  1. eros01

    Sela broer, my pa, ‘n wetenskaplike sal met jou pos saamstem.Aan global warming (as dit sou bestaan)kan ons niks doen nie.Die aarde is gebonde aan siklusse.xR

  2. Neffertiti

    Kamma, ek het my stoof en verwarmer aangesit om darem kossies op die tafel te sit.

  3. zephur

    Wag ek gaan vir my koffie maak…

  4. DieApieInMyKop

    Ag nee man, Vuurklip, ek het genoeg issues om oor skuldig te voel!

  5. vuurklip

    Kamma, ek weet nie of daar te veel mense op aarde is nie – en ook nie wat die aarde se drakrag is nie. Sedert Malthus was daar steeds genoeg slim mense om probleme op te los sodat al die bankmaakstories telkens verkeerd bewys word.Vir perspektief: Die beskikbare fossiel bronne word jaarliks aangepas om nuwe vondste by te reken, ons het nog nie die einde daarvan gesien nie. Die VSA ontgin nou gasbronne wat teen die huidige tempo van verbruik nog honderde jare gaan hou.Daar is op Hong Kong 7 milj. mense en 7 miljard op aarde, ‘n duisend keer meer. Vermenigvuldig nou Hong Kong se oppervlakte met ‘n duisend, dan kry jy ‘n stuk grond so groot as Kuba. Dws ons kan die wereldbevolking op Kuba huisves, nie voed nie, maar huisves. Dit gee ‘n mate van perspektief hoe groot die aarde is. Natuurlik is daar ‘n versadiginspunt, maar niemand weet wat dit is of behoort te wees nie.

  6. HeavyHenry

    Hong Kong is ‘n kak plek. Dit sal tragies wees as ons almal so sou moes leef.

  7. vuurklip

    Henry, net so! Dis maar net vir perspektief.

  8. Neander

    Volgens Prof Erik Holm het ons drie keer meer mense as wat die aarde volhoubaar kan dra. Laat dit vir ons ‘n les wees. Te laat vir herstel.

  9. vuurklip

    Die les is dat al Erik se voorganger- doomsayers sedert Malthus verkeerd was. Dalk is Erik ook verkeerd.

  10. Neander

    Vuur, ek en jy is wetenskaplik aan dieselfde kant.Erik word deur niemand betaal nie, so hy baat niks by enige uitspraak. Daarom neem ek kennis van sy standpunt en ek dra dit oor.

  11. vuurklip

    Reg, so. Ek sê ook nie Erik is verkeerd nie, maar ek is wel skepties. Die probleem met guru’s se uitsprake is dikwels dat hulle na ‘n saak kyk in die lig van huidige kennis. Malthus het bv nooit kon dink dat ons vandag graansoorte het wat veel meer lewer per hektaar, wat meer bestand is teen klimaat uiterstes, teen insekte en siektes. So weet ons vandag nie wat môre gaan bring nie. Wie weet, dalk werk Rossi se eCat regtig!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s