Opskort van kritiese denke.

Die aanhang van mens gedrewe aardverwarming is al dikwels as ‘n religie beskryf. Gister was daar weer so ‘n onkritiese uitspraak oor RSG se Hoe verklaar jy dit? wat hierdie beskrywing staaf.

Ons het gehoor van ‘n sekere kewer wat op die Kaapse bergspitse leef en afhanklik is van die koue weer en mistige toestande om te oorleef. Soos klimaat warmer word, moet die kewer sy habitat boontoe verskuif. Een of ander tyd gaan hulle nie meer hoër kan nie. Die kewer kan nie vlieg nie en kan nie hulle bergspitse verlaat nie – hulle is daar vasgevang.

Daar is ook met groot sekerheid verklaar dat die kewers oor 40 jaar sál uitsterf a.g.v. aardverwarming.

Ek het die volgende probleme met die gevolgtrekking wat gemaak is t.o.v. die uitsterf van die kewers:

As die kewers nie kan migreer nie, hoe het dieselfde spesie kewer op verskillende bergspitse beland?

Een moontlikheid is dat hulle reeds bestaan het vóór die berge opgestoot het.

Hulle bestaan dus al baie miljoene jare en is al honderde duisende jare geïsoleer op bergspitse waar hulle by die koue klimaat aangepas het.

Maar ons weet dat daar in die relatief onlangse verlede (+/- 3000 jaar) verskeie periodes was wat heelwat warmer was as vandag.

Dink aand die Holoseen optimum, die Kreteense warm periode, die Romeinse warm periode, die Middeleeuse warm periode. Tydens lg. het die Engelse wingerde aangelê en wyn gemaak.  Daar talle periodes moes gewees het wat selfs warmer was as die hier genoem.

Die kewers het dus oor miljoene jare talle ystydperke en warm tussenperiodes beleef en oorleef en daar is geen rede om te dink dat hulle nóú a.g.v. klimaat skommeling gaan verdwyn nie.

Advertisements

9 Comments

Filed under Uncategorized

9 responses to “Opskort van kritiese denke.

  1. HeavyHenry

    DIs reg – maar dis nutteloos. Jy kan nie logika gebruik om iets oor aardverwarming te bewys nie – die onderwerp het verskuif vanaf die gebied vannie wetenskap na die vannie teologie – dis nou ‘n geloof van sy eie.

  2. DallaSePa

    Oom, ek wou nog sê … ek hou van jou foto heel bo. Was jy al in die ‘Assegaai’?Groetnis

  3. rosiemetdorings

    tjol verby. hoe vertel hulle dit midde in ‘n tyd wat ons land ongekende koue beleef!!!! (o die Kaap is nie so koud nie??? ek bibber net omdat my bloed so dun is)

  4. vuurklip

    Wasdaai? Assegaai? Wiesegaai? Kenhomnie.Die foto hierbo is vroegoggend vanuit ons sitkamer rigting Simonstad. Ek werk by die sit/eetkamertafel op my lêptop en het die voorreg om die hele dag na die see te kyk.

  5. Hendrivanjaarsveldt

    Was Dinsdagaand by ‘n boekbespreking waar daar ‘n lekker warm debat uitgebreek het oor dieselfde ding. Dink nie die ouens wat die tjol-teorie aanhang het die res oortuig nie, maar hulle het wel die geveg gewen!

  6. Hendrivanjaarsveldt

    Dit is ‘n voorreg!

  7. vuurklip

    Wat is die boek?

  8. Trakie

    Dankie tog virrie Middeleeuse warm periode!

  9. skaawagter

    Ek onthou daar was n paar jaar gelede n wetenskaplike skandaal omdat sekere professors en bergklublede die seldsame kewers vir oorsese museums versamel het. Dink hulle is Colophon-spesies. Moenie die klomp Stellenbosch-ooms te ernstig opneem nie….

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s