Winde van verandering?

Ek sien Siemens adverteer lustig hulle begeerte om windmeulens te bou, die soort wat krag opwek. Dit blyk dat Siemens se moederland die grootste wind installasie in die wêreld bedryf, maar hulle 22000 turbines het verlede jaar teen slegs 15% van hulle kapasiteit krag gelewer, en verskaf net sowat 6% van die behoefte, en dit ‘n heel onbetroubare 6%.

Die Duitsers is besig om ‘n les te leer, soos ook die Engelse, ons staan agter in die tou om dieselfde les te leer want ons sal nie uit ander se foute leer nie. Soos met uikomsgebaseerde onderwys, hol ons blind agter die buitelanse modes aan.

Windkrag is groen en goed en daarom betoog die celecbrities nie daaroor nie, die omgewing kan maar skade ly.

Meer hier

Advertisements

12 Comments

Filed under Uncategorized

12 responses to “Winde van verandering?

  1. loudavisi

    Gelukkig sterf Uitkomsgerigte onderwys ‘n stadige, pynlike dood.Grondslagfase begin al in 2012 met die nuwe CAPS.Good riddence!

  2. TS

    Sjoe en ek het in my kop hierdie wonderlike prentjie van ‘n uitkoms 6% – sowaar hoekom werk dit nie?

  3. TS

    wonder of mens die skade ooit sal kan reg maak!

  4. Caramella

    Ja, nadat ek wat kinders en babas liefgehad het, in ‘n kinderhater verander is. Dit deur uitkomsgebasseerde onderwys. Al daardie take. Ek het ‘n rotator cuff injury opgedoen omdat ek bo van die leer afgedonner het op soek na die soldeerbout om ‘n alarm-taak te help doen.

  5. Caramella

    Kernkrag is nie so bad soos almal dink nie. Beter as kool.

  6. rosiemetdorings

    ek het ‘n energie konsultant in Londen, maar wat ook Europese kliënte het, se opinie gevraAntwoord: article is bietjie one-sided, het al in verlede gesien telegraph nie rerig pro-Wind nie

  7. vuurklip

    Is dit onwaar dat:1) Duitsland se 22000 die grootste installasie is?2) Dat daardie installasie slegs 6% van die behoefte verskaf?3) Dat die gemiddelde lewering slegs 15% van die kapasiteit is?4) Dat die 6% wisselvallig en onbetroubaar is?5) Dat daar steeds “backup” aan die gang gehou moet word ingeval die wind nie waai nie of te sterk waai?As bogenoemde stellings almal waar is, is daar geen sprake van eensydigheid nie.

  8. rosiemetdorings

    omdat ek self geen kennis hiervan dra nie, sal ek nie kan sê nie.lees ook nie so gereeld die aanlyn Telegraph om ‘n opinie oor hulle beriggewing te vorm

  9. vuurklip

    Die berig in die Telegraph is maar een van vele wat die probleme met windkrag uitwys.

  10. HeavyHenry

    Juis!Die afval is ‘n klein persentasie van die drek wat koolkrag produseer…

  11. Caramella

    Maar hulle is darem mooi as hulle so bymekaar staan. Soos mense.

  12. vuurklip

    Beauty is in the eye, etc.Ek sien egter die littekens van die paaie in die heuwels.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s